Boere loop onder stropers deur

Veediewe sien tans self nie eers dragtige koeie oor nie en plaas 'n bykomende las op boere wat reeds weens die droogte swaarkry.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Asof die knellende droogte nie genoeg is nie, loop Omaruru se boere tans onder 'n vlaag stropery deur, met stropers wat glo veral die afgelope maand draadstrikke vir wild stel en selfs beeste slag.

In die jongste geval het spoor­snyers van die Omaruru-streekwag Maandag omstreeks 12:00 op vier stropers afgekom, wat glo besig was om twee dragtige koeie te slag, nadat hulle die beeste sowat 50 km ver gejaag het.

Mnr. Sigi Kostens van die streekwag het gister aan Republikein gesê die voorval beteken 'n verlies van sowat N$30 000 vir die koeie se eienaar.

Die saak is by die polisie aangemeld.

Kostens het gesê terwyl hy met Republikein gepraat het, was die streekwag se spoorsnyers juis weer met hul honde warm op die spoor van nog vermeende stropers op 'n plaas in die omgewing.

Dit volg nadat stropers vroeër vandeesmaand ook beeste geslag het wat aan 'n staatsamptenaar behoort en ook in die omgewing boer.

Terselfdertyd voer boere 'n voortdurende stryd om draadstrikke, wat gestel word om wild te stroop, van hul plase te verwyder.

“Ek haal sowat 12 draadstrikke op 'n slag van my plaas af – dit is 'n algemene kwessie. Dit breek jou moed om nog teen stropers ook te moet baklei,” het Kostens gesê. Hy het gesê daar word oorweeg om bykomende hulp in te roep om die stropers vas te trek.

Intussen het boere, asook inwoners van die dorp, gesê hulle is teleurgesteld in die Omaruru-polisie se trae reaksie op wild- en veediefstalklagte.

Adj.komm. Erastus Ikuyu, woordvoerder van die polisie in die Erongostreek, het gesê hy kan gekontak word indien die gemeen­skap voel dié polisietak kom nie hul pligte na behore na nie. Hy het gesê hy het voorbeelde van spesifieke gevalle nodig om te kan optree.

Republikein het verlede week berig oor dieselfde boere teenaan die Omarururivier, wat ernstige ernstige konflik oor weiding voorsien met trekboere wat van elders af kom en tans glo sowat 150 beeste onwettig in dié strook laat wei.

Intussen het mnr. Wilfried Pack, wat op die plaas Grünental by Witvlei boer, ook vertel van 'n dragtige koei wat die afgelope Sondag op sy plaas geslag is. In dié geval het die veediewe slegs die koei se blad verwyder en die res agtergelaat.

Die oorplaatjies is ook verwyder. Pack het 'n saak by die polisie aanhangig gemaak, maar sê daar is nie genoegsame bewyse agtergelaat nie.

Hy sê hy weet nie of die vermeende diewe hom wou saboteer nie, want indien hulle honger was, sou hulle meer vleis saamneem.

Hy sê dit kan ook wees dat hulle net genoeg vleis wou gehad het om vinnig vir 'n bietjie drankgeld te verkoop. Hy sê tydens die droogte is dít die laaste ding wat boere nodig het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!