Boere haaks oor beweerde vergiftiging

'n Kleinhoewe-eienaar by Omaruru wil hom tot hoër gesag wend nadat sy hond gif ingekry het wat vermoedelik vir jakkalse uitgesit is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die eienaar van die Omburu Süd-kleinhoewe in die Omaruru-­omgewing beskuldig 'n nabygeleë boer daarvan dat hy gif vir jakkalse uitsit en só glo verskeie ander wilde diere vergif­tig. Dit terwyl laasgenoemde boer meen mnr. Marco Pfeiffer voer 'n persoonlike vendetta teen hom.

Afgesien van jakkalse, het Pfeiffer glo al op onder meer beskermde diere soos reënvalke, muskeljaatkatte, asook 'n meerkat afgekom wat hy vermoed die gif ingekry het en toe op sy plaas kom vrek het. Pfeiffer wag tans nog op die uitslae van 'n toets wat moet bevestig dat 'n reënvalk aan vergiftiging dood is.

Intussen het een van sy honde ook van die gif ingekry en moes hy die dier inderhaas na die enigste be­skikbare veearts jaag. 'n Verslag deur die Swakop Vet Clinic dui ­inderdaad aan die hond is vir ­organofosfaatvergiftiging behandel.

Die boer, wat daarvan beskuldig word dat hy jakkalse vergiftig, sê die gif wat Pfeiffer beweer hy gebruik, is 'n skaapdoseermiddel.

“Ek het al so baie met hom hieroor gepraat. Ek is 'n grootmens en nie meer vandag se kind nie. Ek dink hy hou net nie van my nie, omdat ek reguit met hom praat.”

Hy het gesê hy en Pfeiffer het al oor ander sake ook stry gekry en dat die geskil persoonlik van aard is. Hy sê ook Pfeiffer kan nie bewys hy sit gif uit nie en Pfeiffer se honde loop oral rond.

“Hoe weet ons daardie honde, eerder as jakkalse, is nie die eintlike skaapvangers nie?”



REËNVALK VREK

Intussen sê Pfeiffer hy het enkele weke gelede op 'n reënvalk afgekom wat besig was om te vrek met 'n stuk vergiftigde vleis wat die voël in sy klou vasgehou het. Hy het die valk en vleis na 'n staatsveearts geneem wat nou toetse uitvoer om vas te stel of dit inderdaad vergiftig was. Die uitslae sal glo binnekort ­beskikbaar wees.

Pfeiffer sê die betrokke boer het al aan hom erken hy sit gif uit omdat die jakkalse sy skape, volstruisies en springbokke vang. Hy beweer ook die boer het sowat twee jaar gelede vir hom gesê hy sit gif vir jakkalse uit nadat hy die man op sy plaas gehelp het en hulle op 'n dooie jakkals afgekom het.

Pfeiffer sê die boer moet egter op heterdaad betrap word om te kan bewys hy sit gif uit en daarom kan sy naam nie bekend gemaak word nie.

“Verlede jaar het familie vir my kom kuier en terwyl ons op my kleinhoewe rondgeloop het, het ons op nóg 'n dooie jakkals afgekom.

“Ek het die betrokke boer gebel en gevra of hy weer gif uitgesit het en sy antwoord was: 'nou wat daarvan?' Ek het toe vir hom gesê dis onwettig en dat alle diere in ons gebied geraak word.

Ek het vir hom gesê ek het 'n dooie jakkals op my grond gekry en dit is toe dat 'n groot argument tussen ons begin het.”

Volgens die Natuurbewaringsordonnansie 4 van 1975, seksie 61, mag niemand gif uitsit wat nie vooraf deur die ministerie van die omgewing en toerisme goedgekeur is nie. Voor gif of selfs 'n geweerstrik ­opgestel mag word, moet die persoon eers in besit van 'n sertifikaat van bevoegdheid wees, of as daar nie duidelike waarskuwingsborde by die ingange van die grond geplaas word nie.

“Ek het vir hom gesê ek het opgeleide teenstropingshonde wat die buurtwag help en ook polisiewerk doen. Die een wat opgelei is om mense se spoor te vat, kos sowat N$90 000. Ek het hom gevra wat as hierdie honde in kontak met die gif kom? Hy het vir my gesê: 'Dan is dit maar so.'”

Pfeiffer sê intussen het hy die beweerde vergiftiging by die ministerie van die omgewing en ­toerisme aangemeld.



HOND VERGIFTIG

Hy het ook op 20 Januarie opgemerk een van sy honde kan nie opstaan nie en kwyl uitsonderlik baie. Hy het haar na veeartse op Swakopmund geneem.

“Terwyl ek by die veearts was, het ek die boer telefonies gekonfronteer.

“Hy sê toe vir my hy het nog nooit gif uitgesit nie. Eers nadat ek vir hom gesê het ek wil net weet watse gif dit is sodat die veeartse my hond kan help, het hy vir my die naam van die gif gegee – 'n insekdoder. Hy het toe gesê hy sit gif uit, maar hy gaan haal dit weer die volgende dag.

“Ek het hom gevra hoe hy iets kan gaan haal wat die volgende dag nie meer daar is nie.

“Ek vermoed 'n valk het dalk die gif op sy plaas opgetel en dit op my plaas laat val, waar die hond dit in die hande gekry het. Die betrokke pesdoder word gewoonlik vir onder meer slakke en wurms gebruik, maar dit is egter ook dodelik vir ander diere, insluitende honde en katte. Dit is ook dodelik vir mense. Die gif is algemeen beskikbaar en enigeen kan dit by die meeste winkels koop.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.30/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.46/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 859.40/T UP 1.33% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 929.86/OZ DOWN -0.0068 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.30/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.46/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 859.40/T UP 1.33% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 929.86/OZ DOWN -0.0068