Boer vang baba
Henriette Lamprecht – Soos ’n wafferse MacGyver het ’n boer van ’n plaas sowat 90 km van die naaste dorp gister van ’n skoenveter tot brandewyn en 'n panga ingespan om ’n babaseuntjie agterin ’n bakkie te vang. Die 24-jarige Undja Tjiseseta, wat ’n graad in logistiek en voorsieningskettingbestuur het, boer saam met sy pa op die plaas Stilverwag in die Outjo-distrik.
Volgens Undja was gister net ’n “gewone dag” op die plaas. Onderweg om vee te gaan voer, het hulle by die werkers se huise op die plaas gestop. Een van die werkers, Pepe Kampetindi, het gesê sy swanger vrou, Kapa, kla van maagpyn.
“Ons het gedink dit was dalk die vleis wat hulle die vorige aand geëet het, en is weg om die vee te gaan voer,” vertel Undja.
Met hul terugkeer het hulle weer by die huis gestop en het Kapa skielik begin geskree "die baba is op pad".
Undja se pa, Ukondja, het dadelik die nooddienste op Outjo gebel, wat hulle aangeraai het om Kapa onmiddellik in hul bakkie te laai en dorp toe te begin ry, die nooddienste sou hulle halfpad kry.
Undja het intussen op Google gesoek “how to catch a baby in the woods”.
Skaars twee kilometer van die plaas af onderweg na Outjo het Pepe teen die venster geklop en vir Undja en sy pa beduie “dit gebeur nou!”
“Ek het onthou wat ek gelees het, maar dit was alles baie vinnig verby. Sy het net gedruk, toe kom die baba.”
Undja het onthou om die naelstring “vier vingers” van die lyfie af te knip. Eers het hy dit afgebind met een van sy “nuwe skoene” se veters en die res met ’n panga afgesny. “Die panga het ek eers met brandewyn ontsmet.”
Undja erken hy was “soort van bang,” maar ma en baba is gesond. Hulle is tans in die hospitaal op Outjo waar die personeel baie beïndruk is met die inisiatief wat hy aan die dag gelê het, sê hy trots.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie