Boer slag huurbeeste glo self

Plaaswerkers het die eienaar van die beeste op twee geleenthede gemaan dat sy beeste glo deur die plaaseienaar self geslag word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer se beeste geslag het wat weiding by hom gehuur het.

Die saak teen mnr. Stefan Goldbeck is egter vir verdere ondersoek uitgestel.

Dit volg nadat Goldbeck, die seun van mnr. Thomas Goldbeck wat die eienaar van die plaas Astra is, in Mei verlede jaar glo op heterdaad betrap is met sy huurder se geslagte beeste in sy koelkamer.

Volgens 'n verklaring het die 82-jarige mnr. Eugene Meyer, die eienaar van die beeste wat reeds vir langer as 15 jaar weiding op die plaas Astra huur, en sy twee seuns op dié dag saam met die polisie se veediefstaleenheid die plaas besoek.

Na bewering is twee van Meyer se geslagte beeste in die koelkamer gevind asook oorplaatjies wat bewys die beeste behoort aan Meyer. Die Meyers het die plaas saam met die polisie besoek nadat 'n werknemer van die Goldbecks glo die vorige dag foto's van die geslagte beeste aan hulle gestuur het.

“Oor die tydperk was daar beeste wat weggeraak het, maar die skuld is altyd voor die deur van die Omitara-nedersetting geplaas,” het Meyer se oudste seun, Cor, aan Republikein gesê.

Volgens 'n verslag sou die Meyers aanvanklik 'n skikkingsooreenkoms met Goldbeck aangaan, maar ná sekere verwikkelinge het hulle van plan verander en besluit om 'n saak by die polisie aanhangig te maak.

In die verslag word beweer nog twee partye het dieselfde paadjie met Goldbeck geloop.

Goldbeck is op Maandag 10 Mei verlede jaar in hegtenis geneem en is die volgende dag op borgtog van N$30 000 vrygelaat.



WAARSKU

Die voorval het gevolg nadat die Meyers aanvanklik vroeër in Mei verlede jaar ook inligting van 'n oudplaaswerker van Astra ontvang het dat mnr. Stefan Goldbeck glo self die beeste slag en die vleis verkoop. Die werker het ou oorplaatjies aan hulle oorhandig, asook die plekke in Windhoek uitgewys waar die vleis na bewering verkoop word.

Die Meyers sê dit was nie genoegsame bewyse dat hul verhuurder van hul beeste slag nie, maar 'n deurbraak is gemaak toe hulle twee van hul geslagte beeste in Goldbeck se koelkamer gevind het.

Goldbeck het gister sy prokureur se raad gevolg om nie kommentaar oor die voorval te lewer totdat die hofsaak afgehandel is nie. “Hierdie saak gaan egter nog baie interessant raak. As dit afgehandel is, sal ek my kant van die storie vertel,” het hy bygevoeg.

[email protected]
FOTO’s VERSKAF
Goldbeck is in Mei verlede jaar glo betrap met sy huurder se geslagte beeste in sy koelkamer.
Die oorplaatjies wys dat die geslagte bees aan die Meyers behoort het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!