Boer dalk van minagting van hof aangekla

Regter sê oor afkamping van kommunale grond

13 July 2018 | Landbou
Elvira Hattingh - ‘n Kommunale boer kan van minagting van die hof aangekla word nadat ‘n 2016-hofbevel oor die verwydering van ‘n draadheining op kommunale grond verontagsaam is.

Regter Collins Parker het Maandag beveel mnr. Andreas Nangolo moet op 19 Julie in verband hiermee voor die hof verskyn, andersins kan ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik word.

Die hoërhof het verder toestemming aan die Namibiese polisie gegee om die hekke van die toegespande Oshana shEtemba (stet) oop te maak - ‘n toegekampte 3 600 ha kommunale gebied in die Oshikotostreek – sodat boere se vee weer hul regmatige toegang tot weiding en waterpunte kan kry.

Die vee wei binne die afgekampte gebied, terwyl hulle toegang tot waterpunte buite die gebied moet hê.

Dié hofbevel volg op ‘n uitgerekte dispuut nadat ‘n stuk grond in 2013 in die Ompugulu- kommunale gebied deur die hoofman van die Mpugulu-nedersetting, mnr. Petrus Kalekela, afgekamp is. Gemeenskapslede wat reeds daar gewoon het, is uitgesit en Kalekela het beweer die Ondonga- tradisionele owerheid het die stuk grond reeds in 1986 aan hom gegee.

Nadat dié boere, onder leiding van mnre. Erastus Naango en Reinhold Vernerva, hulle na die hoërhof gewend het, het regter Shafimane Ueitele in Desember 2016 ‘n uitspraak gelewer waarin Kalekela en sy vrou, Beata, verbied word om die boere uit te sit. Verder mag hulle nie van hul regte op weiding en verblyf op Oshana shEtemba weerhou word nie en moes Kalekela die draadheining binne drie maande verwyder.

Kalekela het teen die laaste beslissing geappelleer.

Intussen is ‘n dringende aansoek in Mei vanjaar in die hoërhof gebring nadat die situasie ná die hofuitspraak glo nog nie verander het nie.

Kalekela is in 2017 oorlede, waarna sy neef, Nangolo, hom op die grond gevestig het. Hy was ook in 2013, onder bevel van Kalekela, betrokke by die span van die heining.

Nangolo het glo nou ‘n huisie opgesit, krale vir sy bokke gebou en toe die vervalle heining reggemaak, voor hy na bewering ander boere se vee uitgejaag het.

Volgens ‘n brief deur die applikante se regsverteenwoordigers, die Regshulpsentrum (LAC), is gemeenskapslede en hul vee sedertdien weer uit Oshana shEtemba gejaag, terwyl die heining - ingevolge die hangende appèlsaak in die hooggeregshof - ook nog staan.

Vernerva sê verder in ‘n beëdigde verklaring sy vee is, saam met dié van ander boere, buite die omheinde gebied vasgevang, en Nangolo het hom al verbied om na sy eie huis binne die afgekampte gebied te gaan. “Hy dreig my voortdurend as ek by my huis wil uitkom,” het hy geskryf.

Soortgelyk

 

Rehoboth-tiener se saak tot Desember uitgestel

3 ure gelede | Howe

‘n Tiener wat in verband met die moord en verkragting van die 57-jarige me. Sarah Jagger aangekla is, het Dinsdag sy vierde verskyning in die...

'Menslike fout is die oorsaak van ongeluk'

19 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakopmund - 'n Meganiese fout kan nie as rede gegee word vir die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 tussen Hentiesbaai en Swakopmund...

Kahimise se turf sit dalk

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) is van mening die klagtes teen sy uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, is só ernstig dat hy afgedank...

Wêreldkinderdag gevier

19 ure gelede | Gebeure

Elke jaar op 20 November word Wêreldkinderdag gevier om die aanneming van die Konvensie oor die Regte van die Kind te herdenk.Vanjaar streef Namibië se...

Icao-span sê oor oudit

19 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die span van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) wat in die land is vir ’n veiligheidsoudit van dié waghondliggaam, het gister verduidelik wat...

Weer vir 20 November 2018

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal in die Noorde voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees...

Twee kinders sterf in brand

19 ure gelede |

Twee kinders, Katrina Immanuel (9) en haar agtjarige broer, Thomas Immanuel, het onherkenbaar verkool toe hul sinkhuis vroeg Sondagoggend in die Omdel-nedersetting by Hentiesbaai afgebrand...

Hittegolf wyk nóg nie

19 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die huidige hittegolf sal na verwagting vir die res van die week sy greep op Namibië en veral die Noorde volhou, terwyl...

Goue stem van Lüderitz

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Tanja Bause – Christo Biewenga of ChrisB van Lüderitz beplan om vroeg volgende jaar sy derde CD vry te stel. Christo is in ’n musikale...