Boekhouer steel glo N$770 000
'n Vrou met twee klein kinders het Maandag in die landdroshof op Rundu verskyn nadat honderdduisende dollars by haar werkgewer voete gekry het.
Francoise Steynberg - Borgtog van N$20 000 is Maandag aan me. Alta van der Merwe (31), 'n begrafnisondernemer op Rundu se boekhouer, in die landdroshof op die dorp toegestaan.
Dít nadat sy op 'n bedrogklag van honderdduisende dollar verskyn het.
Die beskuldigde, wat sedert Januarie 2015 Rundu Undertakers and Funeral Services se boekhouer is, het ook op 'n alternatiewe klag van diefstal voor landdros Helen Olaiya verskyn.
Van der Merwe word daarvan beskuldig dat sy N$768 692,53 oor 'n tydperk van 18 maande by die maatskappy laat verdwyn het.
Haar regsverteenwoordiger, mnr. Marinus Scholtz van die Walvisbaaise regsfirma Malherbe Associates Inc., het dié bedrag in die hof betwis.
Hy het aangevoer die bedrag is heelwat minder – sowat N$250 000.
Me. Jana Weyers, die onderneming se mede-eienaar, het op 1 Augustus klagte teen Van der Merwe by die polisie aanhangig gemaak ná sy glo in Maart 'n skulderkenningsdokument onderteken het en onderneem het om N$10 000 per maand terug te betaal.
Die klaer beweer Van der Merwe het die geld vir slegs drie maande – April, Mei en Junie – terugbetaal, maar nie vir Julie nie.
Scholtz het aangevoer sy kliënt het die skulderkenningsdokument onder dwang onderteken.
Van der Merwe is Maandag in hegtenis geneem en het op dieselfde dag in die hof verskyn.
Scholtz het aangevoer sy kliënt moet op borgtog vrygelaat word, omdat sy jonk is en twee klein kinders van onderskeidelik een en vyf jaar oud het.
Die staatsaanklaer, me. Emma Mayavero, het nie borgtog teengestaan nie.
Die beskuldigde se borgtogvoorwaardes is dat sy haar paspoort moet inhandig en dat sy nie die Rundu-distrik sonder die ondersoekbeampte se medewete mag verlaat nie.
Die landdros het die saak tot 27 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie