Boeke oor Namibië bly hier
Tanja Bause - Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië is die trotse nuwe eienaar van die Namibiana-versameling van 10 000 titels wat boeke, tydskrifte, artikels en proefskrifte insluit wat elk betrekking op Namibië het.
Die private versameling het aan ’n oudonderwyser van Swakopmund, mnr. Franz Irlich, behoort.
“Irlich het op 15-jarige ouderdom begin om boeke en tydskrifte te versamel wat oor Namibië handel. Dié passie van hom het gesorg dat die Namibiana-versameling die grootste private versameling van titels met betrekking tot Namibië is. Dit sluit onder meer in die handgeskrewe dagboeke van ontdekkingsreisigers, die kookboeke van die sendelinge en verslae wat die sendelinge aan hul genootskappe gestuur het,” het me. Waltraut Fritsche van die vereniging gesê.
Volgens haar het Irlich deur die hele wêreld gereis om die titels in alle tale aan te koop. Die Namibiana-versameling bevat ook die grootste versameling van Afrikaanse boeke.
Die versameling het in 200 kartonne by die vereniging aangekom waar dit nou uitgepak en alfabeties gesorteer word.
“Die oudste boek wat ons tot dusver in die versameling gevind het, is die boek Merkwaardigheden uit alle bekende landen van Afrika wat in 1828 in Amsterdam uitgegee is,” het mnr. Isdor Kamati gesê.
Kamati is ‘n student in biblioteekkunde aan die Universiteit van Namibië en verantwoordelik daarvoor om die Namibiana-versameling uit te pak en alfabeties in rakke te sorteer.
“Irlich het ook ‘n aanbod uit Johannesburg asook van ‘n Amerikaanse universiteit vir die koop van die versameling ontvang. Dit sou seker aansienlik meer as die N$ 2,5 miljoen opgelewer het wat ons nou betaal het. Ons het ‘n ''vriendskapprys'' van Irlich gekry, want hy wou hê die versameling moet in Namibië bly,” het Fritsche gesê.
Die Amerikaanse ambassade het ’n skenking van N$785 000 vir die koop van die versameling gemaak.
“Ons ambassadeur, mnr. Thomas Daughton, was al in baie lande waar inwoners van hul erfenis en geskiedenis gestroop is, omdat mense die versamelings in private hande wou hou en dit landuit gevat het. Dit is waarom die ambassade besluit het om te help dat dié belangrike versameling in Namibië bly,” het mnr. Eric Atkins van die ambassade gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie