Boeke laat ’n lig opgaan
’n Projek om geletterdheid en ’n veilige, volhoubare bron van lig vir die Namibiese kind te bied is onlangs van stapel gestuur.
The Sunbeam Collector is ’n Gondwana Collection Namibia-projek wat in samewerking met Bank Windhoek aangebied word.
Die projek is gebaseer op die plaaslik gepubliseerde kinderboek The World Famous Sunbeam Collector. Die boeke sal in A5- en A4-formaat gedruk word.
Van die A5-boeke sal 2 400 aan skole en kinderorganisasies geskenk word om gehalte plaaslike leesstof aan gemeenskappe beskikbaar te stel.
Gondwana sal die A4-boeke in die geskenkwinkels by hul lodges verkoop.
Die opbrengste van boekverkope sal aangewend word om sonkraglampe aan te koop en uit te deel sodat minderbevoorregte kinders saans kan lees en leer.
The World Famous Sunbeam Collector vertel die storie van ’n wêreldbekende sonstraalversamelaar.
Hy versamel sonstrale van oraloor die wêreld en gebruik hulle om mense in nood te help wanneer hulle hulself in die donker en koue bevind.
Soos hy deur Namibië reis en landmerke en verskillende plekke besoek, versamel hy sonstrale en deel dit met die res van die wêreld.
Die boek is deur Ron Swiling en Peter Lukas geskryf, met illustrasies deur Karel Swanepoel.
Dit is teen N$150 by Gondwana beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie