Boek oor GDR-kinders bekend gestel
Boek oor GDR-kinders bekend gestel

Boek oor GDR-kinders bekend gestel

Die herinnering aan meer as 430 kinders se lewe in ballingskap in Oos-Duitsland word in 'n nuwe fotoboek gedokumenteer.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - 'n Boek met die wedervaringe van Namibiese kinders wat destyds uit die oorloggeteisterde dele van Angola en Zambië verwyder is en na 'n lewe in ballingskap in die voormalige Oos-Duitsland (GDR) geneem is, is gister deur oudpresident Sam Nujoma vrygestel.

Die boek, Children in Exile: A Pictorial Record, is deur dr. Jürgen Krause en Besse Kaplan geskryf met die doel om die geskiedkundige herinneringe te dokumenteer van beide die Namibiërs en die Duitsers wat 'n rol in hul versorging en opvoeding gespeel het. Meer as 430 kinders was destyds uitgelewer en in gevaar weens die voortslepende oorlog vir die vryheid van Namibië.

Nujoma het gister gesê die boek gee deur middel van foto's 'n blik op die lewe van die kinders wat sonder hul families in 'n vreemde land moes gaan woon en 'n vreemde taal en kultuur aanleer.

Hulle het vir langer as 11 jaar sedert die Slag van Cassinga in Mei 1978 in die suide van Angola in die vreemde gewoon.

“Dit gee ook 'n gesig aan dié mense wat hulle met toewyding en liefde versorg het,” het Nujoma gister gesê.

Hy het die GDR-kinders, soos hulle destyds bekend gestaan het, aangemoedig om hul eie individuele lewensverhale te boekstaaf ten einde tot die groter verhaal van Swapo se tyd in ballingskap by te dra.

Me. Waltraut Fritsch, hoof van die Namibië Wetenskapvereniging, het namens Krause, wat nie die bekendstelling kon bywoon nie, gesê die boek gee 'n blik op die interkulturele skole­projek wat 38 jaar gelede begin is.

Krause het vyf jaar lank aan die boek gewerk. Dit vervat 'n versameling dokumentêre materiaal wat hy bekom het ná die val van die ­Berlynse muur en die hereniging van Duitsland, asook die herinnering van die mense wat vir die kinders se verwydering uit Angola en hulle versorsing in Oos-Duitsland verantwoordelik was.

Fritsch het namens hom ver­duidelik die oogmerk van die boek was om kontemporêre, sosiopolitieke literatuur saam te stel, maar die herinneringe persoonlik te hou.

Dit skets ook die twee kulture, ­Afrika-Namibies en Duits, en toon hoe dit die karakter van die GDR-­kinders gevorm het.

Mnr. Sakarias Iipumbu het namens die GDR-kinders gesê hoewel hulle afkomstig was uit die abnormale lewensomstandighede binne vlugtelingkampe, is hulle trots op hul verlede en die rol wat ander daarin vertolk het.

Hy sê die eienskappe van eenheid, dissipline en deursettingsvermoë leef steeds in elkeen van hulle voort.

“Ons is altyd aangemoedig om 'n aktiewe rol in Namibië te vertolk. Ons is reg om die (Swapo-) party en al die mense van Namibië te dien. Ons het die geskiedkundige plig om met die stryd van ons ouers voort te gaan,” het Iipumbu gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!