Boeing 737 MAX se probleme goed vir Airbus
Boeing 737 MAX se probleme goed vir Airbus

Boeing 737 MAX se probleme goed vir Airbus

Flyadeal, ’n laekoste-lugdiens in Saoedi-Arabië, het sy voorlopige bestelling van $5,9 miljard vir Boeing 737 MAX-vliegtuie gekanselleer en gaan nou Airbus A320’s koop.

Flyadeal oorweeg sedert twee 737 MAX-vliegtuie neergestort het – een in Oktober verlede jaar en een in Maart vanjaar – om sy bestelling te skuif.

“Hierdie bestelling sal daartoe lei dat flyadeal net Airbus A320’s in sy vloot sal hê,” sê die lugdiens.

Volgens flyadeal is die ooreenkoms om 30 vliegtuie te koop in Junie op die Paryse lugskou beklink. Die vliegtuie is bestel deur flyadeal se moedermaatskappy, Saudi Arabian Airlines.

Altesame 346 mense is in die twee vliegongelukke met Boeing 737 MAX-vliegtuie dood en dit het die maatskappy miljarde aan markwaarde gekos.

Die 737 MAX bly wêreldwyd op die grond. Die program wat die foute moet regstel, moet eers voltooi word en daarna moet die nuwe vlieëniersopleiding afgehandel word voordat die vliegtuie weer toegelaat sal word om te vlieg.

Oman Air het in Junie gewaarsku hy gaan met Airbus onderhandel as Boeing nie die MAX weer in die lug kry nie.

Ook flydubai het in April gesê hy kan dalk A320’s bestel in stede van die MAX-vliegtuie. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!