Bobaasbraaiers

Dani Booysen
Nie aldag sien 'n mens 'n groepie mense wat in die see braai nie.

Hierdie toneel was só ongewoon en kreatief dat 'n span van ses braaiers van Swakopmund met hul kiekie loshande die finale ronde van Republikein en Namibian Sun se Nou gaan ons braai!-kompetisie, 'n konsep van Shoprite Checkers, gewen het.

Dié waaghalse se beloning is 'n inkopiebewys ter waarde van N$5 000.

Volgens Raymond Fourie, wat die foto ingestuur het, het hulle op Onafhanklikheidsdag 'n braaiplekkie langs die see gesoek. By Langstrand was die wind te lastig en uiteindelik het die geselskap van 28 mense net suid van Swakopmund die vuur aangesteek. Die wind en goggas het hulle in die warm oosweer tot op 'n rots naby die branders laat skuif.

Dit is toe dat Raymond se ma, me. Marcha Roux, die manne aan Shoprite Checkers se kompetisie herinner het.

Raymond het saam met Franco Horn, Jan van Zyl, Robert Brand, Lean Venter en Miller Jansen van Vuuren gewag tot die kole reg is en toe met rooster, koelboks, tafel en opvoustoel en al 'n meer gewaagde toneel vir hul kiekie gesoek.

Op die spyskaart was wors en swartmossels.

In die finale ronde het hul foto meer as 1 700 “likes” ontvang. Die kiekie het letterlik regoor die wêreld gedraai.

Die kus het gekook in die kompetisie. Nie ver agter die wenners nie, met meer as 1 400 “likes”, was Doalene Mouton, ook van Swakopmund, se foto van 'n groep vriende by 'n groot vuur in die Swakoprivier.

“Ons ken mekaar,” het Doalene van Raymond en sy pelle gesê, “so daar was groot kompetisie.”

Matisha Werner van Okahandja se foto van haar swaer, Stiaan Cloete, wat op Hentiesbaai die son met sy braaitang vashou, was in die derde plek met byna 500 “likes”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!