Bob laat miljoene agter, maar sy testament is nog soek

05 December 2019 | Afrika
Robert Mugabe, die ­Zimbabwiese president wat in September dood is, het US$10 miljoen en 'n paar eien­domme in die hoofstad agter­gelaat, maar geen begunstigdes is bekend nie, het die staatsbeheerde Herald Dinsdag geskryf.

Mense in Zimbabwe bespiegel al jare oor die omvang van Mugabe, wat 37 jaar aan die bewind van die land was, se welvaart.

Die Herald het Dinsdag berig Bona Chikowore, Mugabe se dogter, het aan die meester van die hooggeregs­hof opdrag gegee om haar pa se boedel te registreer.

Die bates sluit in onder meer US$10 miljoen, vier huise in Harare, tien motors, 'n plaas, asook sy huis op die platteland.

Een van die eiendomme is die sogenaamde Blue Roof-paleis in 'n luukse voorstad van die hoofstad waar Mugabe gewoon het.

Die lys bevat nie al die plase wat hy na bewering besit het nie. Daar word ook niks gesê van die suiwelonder­neming wat hy saam met sy vrou, Grace, bestuur het of enige ander eiendom buite Zimbabwe nie.

Terrence Hussein, Mugabe se ­advokaat, sê tot nou toe is die testament van die voormalige president nog nie opgespoor nie.

Ingevolge Zimbabwiese ­wetgewing word die boedel van iemand wat ­intestaat doodgaan, onder sy eggenoot en kinders verdeel.

“Ons kon nog nie 'n testament opspoor nie, maar het navrae aan ander regsfirmas gerig,” het Hussein in 'n brief aan die hooggeregshof geskryf.

Inskrywings op sosiale media waarin Mugabe se seuns, Robert Junior en Bellarmine ­Chatunga, met bottels duur sjampanje in 'n ­Johannesburgse nagklub gesien word en Grace se winkel-uitstappies, het 'n blik op die familie se uitspattige ­lewenstyl gegee.

'n Regsgeskil in 2014 oor 'n villa van US$5 miljoen in Hongkong wys dat Mugabe ook eiendom in die buiteland gekoop het. Die regering het toe gesê hy besit die huis.

Voor sy dood het Mugabe gekla oor die grootte van sy aftreepakket en gesê hy het nie genoeg geld om behoorlik na die instandhouding van die Blue Roof om te sien nie.

– Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Kauhaie wins the crown

6 ure gelede | Skole

Irene-Mari van der Walt Swakopmund • [email protected] the cancellation of the Mr Teen Swakopmund 2020, the Miss Teen Swakopmund 2020 pageant went ahead at...

Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek

6 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.So sê...

World Tourism Day

6 ure gelede | Mense

Michael ShagandjwaThe country should establish more unique heritage attractions that reflect our country’s background. Create an interesting image with reservations that are worth viewing and...

WAP wen Bakpro-kompetisie

6 ure gelede | Onderwys

Windhoek Afrikaanse Privaatskool was die wenners van die Bakpro Back-to-School-kompetisie. Die skool het 14 413 broodsakkies ingesamel en was die wenners van rekenaars en projektors...

Unam students appeal against traditional exams

6 ure gelede | Onderwys

ENZO AMUELEStudents at the University of Namibia (Unam) are in a bitter contest against the writing of traditional examinations.The university recently issued a circular about...

Lower grades back at school

6 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw Grade four, five and six learners were welcomed back at school on last week. The government schools have opted to divide the children...

Star Teacher of the Week

6 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw This week, the My Zone Star Teacher of the Week is Mrs Veneza Memory Rheeder. She has been a teacher since 2003 and...

Westside High represented on local town council

6 ure gelede | Skole

Jhanré PretoriusA brand new Swakopmund Junior Town Council for the year 2020-2021 was inaugurated in August. Two of the 15 members are from Westside High...

The last race is the hardest race

6 ure gelede | Onderwys

A personal accountJOSEFINA ANKONGA The year started smoothly, back then when everything was still normal. We went to school on a daily basis, we...