Blou Bulle XV nie sonder ervaring
Rugby
Drie Springbokke is gekies om komende Saterdag in Windhoek vir die Vodacom Blou Bulle Presidentsvyftiental in ’n vriendskaplike wedstryd teen die Namibiese Uitnodigingspan te speel.
Die stut Trevor Nyakane, flank Marco van Staden en skrumskakel Embrose Papier sal almal in die Hage Geingob-stadion in aksie wees.
Die 29-jarige Nyakane, wat in Desember laas jaar die laaste van sy 37 toetse teen Wallis in die Millennium-stadion gespeel het, is op pad om volle wedstrydfiksheid te herwin nadat hy onlangs harsingskudding opgedoen het, terwyl Van Staden en Papier (21) geen speeltyd gekry het terwyl hulle in die laaste twee weke saam met die Springbokke in Australasië getoer het nie.
Die 23-jarige Van Staden en Papier het onder Rassie Erasmus as afrigter van die Springbokke vanjaar onderskeidelik een en drie toetsverskynings van die bank af gemaak.
Die Bulle-span sluit nog ’n paar spelers aan die buiterand van die spelersgroep in, asook spelers van die huidige Vodacom Blou Bulle wat beperkte wedstrydtyd gekry het op pad na die unie se topposisie as voorloper in die Curriebeker. Die Bulle (17) is tans met een punt voor die Goue Leeus , met die WP en die Haaie beide op 15.
Die Blitsbok Dylan Sage en sy sentermaat Franco Naude, losskakel Tinus de Beer en stut Dayan van der Westhuizen het almal tydens laas naweek se Curriebeker-tuisoorwinning met 39-29 teen die iCOLLEGE Pumas gespeel.
Spelers soos Garrick Matteus, Mosolwa Mafuma, Dan Kasende en Victor Sekekete sal ook graag die kans wil aangryp om afrigter Pote Human sodanig te beïndruk dat hulle ’n plek in die gereelde wedstrydgroep kan oopspeel.
Human sê: “Namibië is stadig maar seker besig om vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan voor te berei. Elke wedstryd wat hulle intussen speel, is dus ’n belangrike tree in daardie rigting en ons kan dus ’n lekker harde wedstryd in Windhoek verwag.
“Vir ons is hierdie ’n goeie geleentheid vir spelers aan die buiterand van die groep om teen opponente van gehalte te wys wat hulle kan doen. Vir andere wat in die afgelope weke nie baie rugby gespeel het nie, is dit waardevolle wedstrydtyd.”
Die Blou Bulle Presidentsvyftiental: Garrick Matteus, Mosolwa Mafuma, Dylan Sage, Franco Naude, Dan Kasende, Tinus de Beer, Embrose Papier, Frederick Eksteen, Thembalani Bholi, Marco van Staden, Aston Fortuin, Victor Sekekete, Dayan van der Westhuizen, Jan-Henning Campher, Trevor Nyakane.
Reserwes: Marco Fuhri, Luke Fortuin, Cabous Eloff, Denzil Hill, Dwight Pansegrouw, Raegan Oranje, Wian van Zyl, Heino Bezuidenhout. – Sport24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie