Blonde man die skrik van Hentiesbaai

'n Ma skets gruwel in winkelkompleks.
Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Lang man met blonde hare, waarskynlik ‘n Suid-Afrikaner, was Woensdag een van die mees gesoekte voortvlugtiges in Namibië ná ‘n gruwelike aanval Dinsdagoggend helder oordag op die eienaar van ‘n winkel in Hentiesbaai se Woermann Brock-kompleks.

Die winkelbaas, die 44-jarige me. Yvonne Engelbrecht (nooi Bassingthwaighte), was eergisteroggend nog verward en deurmekaar met haar bejaarde ma wat in ‘n Swakopmundse hospitaal by haar gewaak het.

Ná behandeling in die Hentiesbaaise kliniek en raadpleging met die polisie vir sekere toetse en voorkomende maatreëls is Yvonne Dinsdag in ‘n ambulans na Swakopmund gebring. Haar ma, me. Martha Bassingthwaighte (74), was op die reis van net meer as 70 km aan haar sy. Dit was juis Martha wat haar dogter Dinsdagoggend in ‘n kombuisie van die winkel Buzzy Bee in die kompleks in haar gehawende toestand aangetref het.

Yvonne was met mnr. Gert Engelbrecht, ‘n voormalige polisieman in Suid-Afrika, getroud. Gert is sowat twee jaar gelede aan natuurlike oorsake oorlede. Oor sy polisiejare in die buurland wou Gert nooit praat nie, maar dit is bekend dat hy en ander lede van die mag gereeld deur beweerde bendelede met die dood ter vergelding van hul regspleging gedreig is. “Ons sal jou kry,” het van die gereelde SMS-boodskappe gelui.

Die volgehoue afdreigings was waarskynlik een van die redes toe wyle Gert Engelbrecht uit die mag bedank en na Namibië uitgewyk het.

Volgens Martha het die lang man met die blonde hare Maandag by Buzzy Bee ingestap en na haar verwantskap aan wyle Gert en sy polisiejare verneem. Haar reaksie was glo dat hulle nooit oor sy polisiejare gepraat het nie. Die man het gesê hy sal haar graag oor ‘n koppie tee ‘n bietjie beter wil leer ken.

Dinsdagoggend net voor oopmaaktyd het ma Martha dogter Yvonne by die winkelkompleks afgelaai. “Ons het soos altyd nog vir mekaar gewaai toe sy Buzzy Bee se deur oopgesluit het,” het Martha aan Republikein gesê. ‘n Volgende ronde in haar daaglikse roetine was vir Martha om Yvonne omstreeks 10:00 te skakel. Niemand het geantwoord nie en sy het aanvaar haar dogter was badkamer toe of het saam met die eienaars van die aangrensende winkels tee gaan drink. ‘n Halfuur later het sy weer geskakel. Weer geen antwoord nie. ‘n Kwartier later was die volgende oproep. Weer geen antwoord nie.

Volgens Martha het sy toe besef daar’s fout, groot fout. Sy het by Buzzy Bee aangekom, maar die deur was gesluit. Sy het geroep, maar daar was geen antwoord nie.

Martha het haar tot ‘n sekuriteitsmaatskappy gewend wat oor ‘n spaarsleutel beskik het en het ingegaan. Steeds niks nie en niemand het op haar geroep geantwoord nie. Die ligte was af en die plek bra donker. In daardie stadium het sy besluit om haar man te skakel, maar toe hoor sy ‘n kreungeluid in die rigting van ‘n klein kombuishoekie waar ‘n mikrogolfoond staan. Daar het haar dogter gelê. Sy was aan haar hande en voete gebind en ‘n geel doek was om haar kop en mond gebind sodat sy nie kon praat nike. In daardie stadium het sy reeds haar hande losgewikkel, maar was te swak om te praat.

Die legkaart van die vorige dag se ontmoeting het ontvou. Die blonde man van die vorige dag het ingekom en op inligting aangedring oor waar Pottie is. Pottie was die noemnaam van Yvonne se afgestorwe man onder medepolisiemanne.

GEKLAP, VASGEBIND

Haar aanvaller het glo pille in haar mond gedruk, gevolg deur ‘n vloeistof.

Haar mond is met ‘n geel doek toegedruk sodat sy moes sluk. Toe het die man Yvonne blykbaar ‘n paar keer geklap en vasgebind met ‘n moontlikheid van onsedelike aanranding wat ook ondersoek word.

Martha het haar dogter op ‘n matjie probeer kry en het die polisie geskakel. Terwyl sy geskakel het, het Yvonne geprewel: “Moet my net nie alleen los nie!”

Daarna het die polisie en die ambulansdiens oorgeneem.

Eergister het deskundiges van Windhoek op Hentiesbaai met die polisieondersoek kom help. Deel van die opvolgwerk is ‘n studie van beeldmateriaal van die kameras van die kompleks.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!