Blommemark se rosegeur kwyn
Roosboer Francois Durand sê verbruikers se vraag na rose het die afgelope paar jaar gedaal, en daarom verbou hy deesdae ook groente.
Ronelle Rademeyer - Die impak van die Covid-19-pandemie se aanvanklike streng inperkingsmaatreëls het ook by Namib Roses aan die Schaaprivier by Dordabis sy merk gelaat.
Namibië se grootste roosboer, Francois Durand (51), moes sy werkers in twee spanne verdeel, met net een span wat op ’n slag kon werk toe kom. Dit het meegebring dat die werk op die plaas agter geraak en bykomende werkers tydelike in diens geneem moes word toe die inperkingsmaatreëls verslap is om te verhoed dat produksie ingeboet word.
Verder kan roosbome wat uit Kenia bestel is, nie afgelewer word voor internasionale vlugte nie hervat nie.
Francois se reuseblombedryf op sy 140 ha plasie het ontwikkel uit ’n liefde wat gevorm is in sy studentedae. Hy het as ’n ingenieurs- en rekenaarwetenskapstudent in die laat tagtigerjare aan die Universiteit van Stellenbosch naweke op ’n roosplaas gewerk het om sakgeld te verdien.
Hoewel snyblomme nie ’n landbouproduk is wat met die warm, droë Namibiese toestande vereenselwig word nie, span dié boorling van Gobabis gespesialiseerde tegnologie in om ’n kunsmatige klimaatsomgewing te skep wat optimaal is vir die produksie van snyblomme en die kweek van groente, saailinge en steggies.
Hy vertel dat hy het in die vroeë negentigerjare by die Eerste Nasionale Ontwikkelingskorporasie (Enok) aansoek gedoen vir ’n lening om 7 000 roosbome te plant. Francois het sy boerdery later van Brakwater, waar hy aanvanklik begin het, na Dordabis verskuif. Dit het oor die jare uitgebrei tot hy in ’n stadium 70 000 roosbome gehad waarvan duisende stele rose drie keer per week na Windhoek geneem is vir verdere verspreiding na die kus en ander dorpe.
“Die mark het die afgelope drie tot vier jaar baie gekrimp,” vertel hy. Die nuwe generasie verbruiker koop eerder huisplante as vars blomme omdat dit langer hou, sê Francois.
Buiten rose, verbou hy ook lisiante, gipskruid, goldenrod en madeliefies vir die blommemark. Vroeër jare het hy ook krisante en herfsaster gekweek. “Ons het die regte bekom, maar moes ‘n miljoen stele per jaar produseer en dit was nie volhoubaar nie.”
Vir die roosplante betaal hy ‘n eenmalige tantieme van 1 euro per roosplant.
Die ander produksielyn op sy plaas, is die kweek van steggies en saailinge vir die lewering van blom-, kruie- en groenteplantjies, asook struike en bome aan Ferreira’s Kwekery in Windhoek.
“My droom is om in al die tonnels op die plaas net rose te plant, maar ek sal dit nie plaaslik verkoop kry nie. En om markte in Europa oop te maak waar ek dit kan lewer, is nie maklik nie,” sê Francois.
“Ek moes dus diversifiseer, wat die bestuur natuurlik moeiliker maak. Die verskillende produkte het verskillende groeistadiums en verskillende water- en voedingsbehoeftes.
“Dit bring ook mee dat die kwaliteit nooit 100 persent is nie.”
Francois het onlangs ook begin om groente te produseer. Sover plant hy tamaties, kersietamaties en geel en rooi soetrissies, en beoog om spinasie en blaaislaai by sy aanbod te voeg.
KUNSMATIGE KLIMAAT
Francois se voorman, Quentin Strijbis, verduidelik die tonnel waarin die saailinge en steggies in saailaaie gekweek en met mikrobesproeiing klam gehou word, in die winter snags met dieselverwarmers verhit moet word.
Hy sê die temperatuur word na 10 - 12ºC verhoog om optimale groei te bewerkstellig. Wanneer die plantjies lewensvatbaar is, word dit in ’n ander tonnel in swart plantsakke en -potte oorgeplant.
Die eenjarige saailinge soos petunias, viooltjies en gesiggies word in saailaaie met ses plantjies elk aan die kwekery gelewer.
Quentin sê vroue word vir hierdie werk ingespan, omdat hulle van nature versigtiger is en nie die jong plantjies beskadig nie.
Vir die snyroosverbouing word vier roosplante saam in ’n plantsak van 30 liter geplant. Die plantmengsel waarin dit geplant word, bestaan uit een helfte boombas (den) en die ander helfte riviersand. Elke plant kry ’n drupper waardeur water en bemesting toegedien word.
Die watertoediening word met ’n rekenaar beheer. Die vogtigheid, temperatuur en ligintensiteit word met sensors in die kweekhuise gemeet. Die inligting word na die rekenaar gesein, wat bereken hoeveel water toegedien moet word. Dit is veral in die somer belangrik wanneer dit baie warm en droog en die transpirasie van die plante hoog is.
Elke tonnel het ’n sogenaamde nat muur wat dit afkoel tot ’n gunstige 28 - 30ºC. Daarbenewens sorg dit dat die vogtigheid tussen 60 en 70 persent is. ’n Weeklikse spuitprogram word gevolg om peste en plae te bestry.
Die water wat onder uit die plantsakke loop, word elke ses weke ontleed en getoets en die gerekenariseerde bemestingsprogram word daarvolgens aangepas.
Die roosplante kan tot ses jaar in die plantsakke groei voordat dit hervestig hoef te word.
Die kweekhuise wat hy gebruik, is in Israel ontwerp en word deur ’n Kaapstadse onderneming bemark. Dit is toegerus met ’n nat muur en waaiers in die teenoorgestelde muur vir verkoeling en verwarmers vir die winternagte.
In die mure is openinge met gordyne wat op- en afgerol kan word. Dit word, net soos die waaiers en verwarmers, met ’n rekenaar beheer.
Die koue winternagte is een van die groot beperkings. Ryp kom algemeen voor en die temperatuur kan tot -11°C gedaal. Wanneer die tonnels in die winter te koud word, gaan ’n alarm af. Daarom is die dieselverwarmers in die kweekhuise ’n moet, sê Francois, en voeg by die dieselverbruik is in die winter snags 45 liter per uur.
In die somer word die temperatuur ewe noukeurig gemonitor om die tonnels binne af te koel as dit te warm word. Sensors meet die windsterkte en -rigting en sein die inligting na die rekenaar wat dan die gordyne oop of toe maak. Só help die wind om die temperatuur in die kweekhuise te beheer sonder dat skade deur stormwinde aangerig word.
As ’n windstorm kom, word die gordyne betyds toegerol en die rekenaar skakel suigwaaiers aan wat die plastiek om die staal- en aluminiumraamwerk vassuig sodat die wind nie ’n vatplek daaraan
kan kry nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie