Bloed 'kritiek laag'

19 November 2020 | Gesondheid
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS) het 'n dringende beroep op inwoners gedoen om hul deel te doen om kritieke lae bloedvoorraadvlakke aan te vul.

Volgens die NamBTS het die Covid-19-pandemie ook bloedskenkings op alle vlakke benadeel en het voorraad beduidend gedaal.

Die diens het tans net drie dae se voorraad oor die hele land. Die diens maan met Desember wat naderskuif en voorraadvlakke wat reeds laag is, is dit 'n kritieke tyd om genoeg voorraad bymekaar te maak om in die aanvraag te voorsien.

“Desember tot Januarie is altyd 'n moeilike tyd om bloed in te samel omdat skenkers besig is om voor te berei vir die vakansie en dalk al met vakansie

is.

“Vanjaar het nóg meer uitdagings gebring omdat daar 'n beduidende afname in die insameling van bloed is, selfs voor die vakansie. Bloedvoorraad is reeds voor dié belangrike tyd laag wanneer ons gewoonlik tekorte ervaar en traumavoorvalle oraloor die land styg,” sê me. Zita Tobin, woordvoerder van NamBTS.

“Weens die impak van Covid-19-pandemie het ons 'n beduidende afname in skenkings gehad. Opvoedkundige instellings speel 'n kritieke rol om te verseker ons het gesonde bloedvoorraadvlakke. Sedert Maart vanjaar is dié skenkings nie moont­lik nie,” sê Tobin.

NamBTS het ook geskeduleerde bloedskenkklinieke in verskeie dorpe tydens die feesseisoen waartydens Namibiërs kan bloed skenk en so kan help om lewens te red.

NamBTS beklemtoon die coronavirus (Covid-19) kan nie deur bloedoortappings oorgedra word nie, omdat respiratoriese virusse oor die algemeen nie deur 'n skenking of oortapping oorgedra kan word nie.

NamBTS het volgens riglyne van die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste, sowel as die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), die aard van sy werksaamhede aangepas om seker te maak dit is veilig om tans bloed te skenk.

Om bloed te kan skenk, moet 'n persoon tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, medies gesond wees en 'n veilige leefstyl handhaaf.

As jy 30 minute van jou tyd kan afstaan, kan gereelde en nuwe bloedskenkers by enige van die NamBTS-sentrums in Windhoek, op Swakopmund, Walvisbaai, Ondangwa en Oshakati bloed skenk.

Soortgelyk

 

Twee vas vir moord op Daniele Ferrari

3 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Twee mans van die Havana- informele nedersetting verskyn vandag in die Windhoek-landdroshof in verband met die wrede moord op mnr. Daniele Ferrari...

Vermoorde vrou naak by Vierkantklip gevind

3 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was die vrae oor die lot van die 26-jarige vrou van Mondesa op Swakopmund wie se naakte lyk knap...

Polisiebeamptes ‘verdwyn’ met kiesmateriaal

3 ure gelede | Politiek

Hoofredaksie en Ester Kamati op Otjiwarongo - Twee polisiebeamptes wat Dinsdagaand met verkiesingsmateriaal op Otjiwarongo “verdwyn” en eers 40 minute voordat stempunte gisteroggend geopen het...

Weer vir 26 November

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie oor...

26 leerlinge toets positief vir Covid-19

10 ure gelede | Gesondheid

Uit die 68 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag aangemeld is, is 26 leerlinge. Dit sluit 23 van die hoërskool St. Joseph in Windhoek en drie leerlinge...

Vrou se lyk by Vierkantklip op strand gevind

15 ure gelede | Misdaad

Die polisie het pas bevestig hulle is besig met 'n ondersoek op die plek waar die lyk van 'n vrou vanoggend deur "'n private persoon"...

Drie lorries bots naby Okahandja

1 dag gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ‘n Vragmotorbestuurder moes met Kake van die Lewe uit die verfrommelde kajuit van sy lorrie verwyder word toe drie vragmotors kort ná...

Boer vooruit met min grond, min reën

1 dag gelede | Byvoegsels

Elvira Hattingh – ‘n Jaar en ‘n half nadat mnr. Johan Bean met sy intensiewe, maar baie suksesvolle skaapboerdery op sowat 5 ha grond in...

Veilings ly onder dalende veegetalle

1 dag gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit – Hoewel Agra se omset in die 2019-’20 finansiële jaar gestyg het, het sy afdeling vir veilings deurgeloop omdat minder vee bemark is....