Blitsbokke sluit dag onoorwonne af

26 July 2021 | Sport
Die Blitsbokke het die eerste dag van die sewestoernooi op die Olimpiese Spele onoorwonne afgesluit.
Suid-Afrika het Kenia Maandag in sy tweede wedstryd met 14-5 geklop. Vroeër het die Blitsbokke ook met Ierland (33-14) afgereken.
Selvyn Davids het die Blitsbokke se eerste drie teen Kenia gedruk toe hy ’n tikskoppie naby Kenia se doellyn geneem het. Nadat hy die bal getik het, het hy eers stadig vorentoe gedraf, en toe as’t ware deurgedans om te gaan druk.
Die spel het skaars hervat, toe gebruik Siviwe Soyizwapi, kaptein, sy vaart en krag om deur te draf vir sy span se tweede drie.
Toe die Keniane kort voor rustyd hul hande op die bal gekry het, het Collins Injera vir Kenia gaan druk. Die drie is voorafgegaan deur Kenia wat omgekeerde besit verkry het. Kort daarna het dit gelyk of Kenia weer gaan druk, maar die Blitsbokke se verdediging het gehou.
Teen rustyd was die telling 14-5 in die Suid-Afrikaners se guns.
In die tweede helfte het die Blitsbokke ’n aantal foute gemaak, soos om die bal by geleentheid skeef by ’n lynstaan in te gooi en ’n ongeoorloofde duikslag. Boonop het die Keniane met vuur gespeel, maar Suid-Afrika se verdediging het gehou.
Soyizwapi, Sako Makata en Angelo Davids het vir die Blitsbokke by die afbreekpunte uitgeblink.
Die Blitsbokke se laaste groepwedstryd is Dinsdagoggend 04:28 (SA tyd) teen die VSA.
DINSDAG SE WEDSTRYDPROGRAM:
Kanada v Japan — 02:00
Fidji v Brittanje — 02:30
Argentinië v Suid-Korea — 03:00
Nie-Seeland v Australië — 03:30
Kenia v Ierland — 04:00
Suid-Afrika v VSA— 04:30
Plekke 9-12 — 09:20
Kwarteindstryd 1 — 10:30
Kwarteindstryd 2 — 11:00
Kwarteindstryd 3 — 11:30
Kwarteindstryd 4 — 12:00


FOTO’s
Siviwe Soyizwapi, kaptein van die Blitsbokke, druk sy drie teen Kenia. Foto Nampa/Reuters
William Ambaka van Kenia in aksie teen Ronald Brown (links) en Selvyn Davids van Suid-Afrika. Foto Nampa/Reuters

Soortgelyk

 

Covid-19: Daaglikse gemiddeld nou minder as 70

4 ure gelede | Gesondheid

Net 34 nuwe gevalle van Covid-19 is vandag vir Vrydag gerapporteer.Daarmee het die land se daaglikse gemiddelde gevalle, gemeet oor sewe dae, tot 64 verminder...

Man sterf toe hy meisie teen eks probeer beskerm

9 ure gelede | Misdaad

‘n Ses-en-dertig-jarige man het vroeg gisteroggend in Swakopmond se DRC-woonbuurt gesterf toe hy meer as tien keer met ‘n mes deur sy meisie se voormalige...

Ounag-ongeluk op Okahandja

9 ure gelede | Ongelukke

’n Saak van roekelose- en nalatige bestuur word ondersoek ná 'n 22-jarige manlike bestuurder en sewe passasiers ernstige beserings opgedoen het toe die bestuurder glo...

Covid-19: Daaglikse gemiddeld nou minder as 70

1 dag gelede | Gesondheid

Net 34 nuwe gevalle van Covid-19 is vandag vir Vrydag gerapporteer.Daarmee het die land se daaglikse gemiddelde gevalle, gemeet oor sewe dae, tot 64 verminder...

Duitsland stem

1 dag gelede | Internasionaal

Berlyn - Stembusse sluit vanmiddag om 18:00 in Duitsland in die algemene verkiesing wat sal bepaal wie by me. Angela Merkel as kanselier sal oorneem.Merkel...

Rowers buit byna ‘n miljoen in Walvisbaai

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie het bevestig gewapende rowers het vanoggend by Pupkewitz MegaBuild in Walvisbaai N$943 616,84 gesteel.Vyf mans – twee van hulle was gewapen –...

J&J nou Namibiërs se eerste keuse

1 dag gelede | Gesondheid

Sedert die Janssen-entstof teen Covid-19, ontwikkel vir die farma-reus Johnson & Johnson, in Namibië aangeland het, het dit die eerste keuse vir immunisering in die...

Karweier se werkers voor staakdeur

1 dag gelede | Vervoer

‘n Hernude weiering van ‘n salarisverhoging vir werkers van die nasionale karweier, TransNamib, het daartoe gelei dat die kantoor van die arbeidskommissaris onderhandelinge by die...

Jongste data: Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Vyf-en-veertig nuwe gevalle van Covid-19 is vanmiddag deur gesondheidsowerhede bevestig.Van die nuwe positiewe toetsuitslae vir Donderdag was 12 skoliere, een ‘n onderwyser en twee gesondheidswerkers.Die...