Blink toekoms vir Ongopolo

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
DIE sterk vertoning van die Namibiese dollar het die afgelope jaar as toets vir Ongopolo Mining and Processing se integriteit en vermoëns gedien en die toekoms van die myn lyk belowend.
Die wisselkoers het gister op N$6,73 teenoor die Amerikaanse dollar gestaan. Die besturende direkteur van Ongopolo, mnr. André Neethling, het aan Republikein gesê die skielike styging in die waarde van die Namibiese dollar tot op die huidige vlak, het baie maatskappye en myne onkant gevang.
\"Ons kon egter daarin slaag om met hoër produksie en besparings normaal voort te gaan. Voorts het die swakker Amerikaanse dollar daartoe bygedra dat die koperprys intussen gestyg het. Sodoende kon Ongopolo al sy finansiële verpligtinge nakom en daar is ook nie sprake van afdankings van enige van die 950 werkers by die myn nie,\" sê mnr. Neethling. Die prys van koper het gister op US$2 292,50 per ton gestaan.
Mnr. Neethling sê ten spyte van die moeilike tye waarin Ongopolo hom bevind, word voortgegaan met projekte, terwyl nuwe markte vir die Tsumebsmelter in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Angola en Zambië ondersoek word.
\"Ons beplan om langtermyn kontrakte met myne in sentraal Afrika te sluit om van hul kopererts op Tsumeb te smelt.\"
Voorts sê mnr. Neethling dat die skagprojek by die Asis-Far-West-myn by Kombat nou 60 persent voltooi is. Die skag is reeds 412 meter diep en die beplanning is om dit tot 698 meter diep te boor om sodoende die koperreserwes by die myn met sowat 20 jaar te verleng.
\"Op Otjihase is die boorprogram ook suksesvol afgehandel wat die myn se tydsduur van 2007 met agt jaar sal verleng,\" het mnr. Neethling gesê.
Hy sê oorweging word ook daaraan geskenk om die Matchlessmyn in die Khomas Hochland te herontwikkel. Dié myn was die afgelope 15 jaar dormant.
\"Ons sal moontlik \'n nuwe ertsliggaam by die myn ontwikkel,\" sê mnr. Neethling.
Hy sê ten spyte van die moeilike tye wat Ongopolo weens die wisselkoers ondervind het, lyk die toekoms van die myne belowend.

Soortgelyk

 

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

4 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

4 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

4 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

4 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...

Hardap loop gou vol

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié Suidedam se sluise sou getrek moes word....

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

11 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

13 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...