Blindgebore Namibiër lei wêreldunie

Tanja Bause
Tanja Bause – Me. Martine Abel-Wiliamson is onlangs as die nuwe globale president van die Wêreldunie vir Blindes (WBU) aangewys.

Sy is in 1971 in Windhoek gebore en is op ses maande oud as blind gediagnoseer. Haar familie is aangeraai om Suid-Afrika toe te trek omdat Namibië destyds oor geen opleidingsmoontlikhede vir blinde persone beskik het nie.

“Toe ek een jaar oud was, het my ma, 'n enkelma, saam met my en my ouer suster na Suid-Afrika verhuis,” het sy gesê.

Sy het in Pretoria en Worcester skole vir blindes bygewoon voordat sy by die Universiteit van Pretoria 'n graad in sielkunde en by die Universiteit van Suid-Afrika 'n nagraadse diploma in sekondêre onderwys gekry het. In 1996 het sy saam met haar klein familie na Nieu-Seeland geëmigreer. Haar suster en swaer het werk as hoërskoolonderwysers in Nieu-Seeland gekry en verhuis.

“In Suid-Afrika kon ek slegs werk as 'n telefonis kry en niks in my gebiede van tersiêre kwalifikasie nie.

“Ek is heeltemal blind gebore, maar het kleurwaarneming gehad tot ongeveer 1996, toe ek 'n sekondêre oogtoestand, gloukoom, ontwikkel het, wat meegebring het dat ek 'n operasie moes kry om die pyn te verlig en die oogdruk te verminder. Dit het my heeltemal blind gelaat, maar ek kon nooit baie sien om mee te begin nie,” het sy gesê.

Abel-Wiliamson het haar eerste gidshond in 1990 in Suid-Afrika gekry en haar saam Nieu-Seeland toe geneem toe sy immigreer het.

“Oor die jare heen het ek by vriende en familie in Windhoek kom kuier. Ek is mal oor die woestyn­omgewing en het talle skilderye van die besonderse woestynlandskap, veral rondom Lüderitz, in my huis. Een van hulle het 'n vriend geskilder en dit sluit die sand van Lüderitz in sodat ek kan voel waar die sand is.”



WÊRELDUNIE VIR BLINDES

Die WBU verteenwoordig die 253 miljoen blinde, gesiggestremde en swaksiende persone van 190 lidlande van oor die wêreld heen. Dit sluit ook diensverskaffers sowel as voorspraakorganisasies in.

As die stem vir blindes, beraadslaag die WBU met regerings en internasionale liggame oor kwessies rakende blindheid en swak sig in samewerking met lede.

Die WBU verenig al die belangrikste nasionale en internasionale organisasies van blinde mense en organisasies wat dienste aan blindes lewer en werk aan die kwessies wat die lewensgehalte vir blindes beïnvloed. Wêreldwyd word die WBU in ses streke verdeel en elke streek het sy eie president en ­vrywillige uitvoerende span.

“Ek is oorweldig deur die ondersteuning wat ek tot dusver gekry het. Ek werk nie eens vir 'n groot diensverskaffer vir blindes, soos die meeste WBU-presidente in die verlede gedoen het nie. Ek werk as senior menseregte-adviseur vir die Nieu-Seelandse Menseregtekommissie. My WBU-werk is dus vrywillig, behalwe dat Nieu-Seeland vir my internasionale reis betaal, sodra ons weer kan reis.

“Ek voel ek het baie bereik vir die gemiddelde persoon op grondvlak. Deurdat ek 'n enkelma het, nie 'n welgestelde gesin nie, en nie in diens is van 'n groot diensverskaffer is nie, vertrou mense oor die wêreld my steeds met hierdie pos.

“Ek is die stem van die gewone persoon, nie die bevoorregtes nie,” het Abel-Williamson gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%