BLF gaan nie u2018sy duim suig soos EFFu2019 voor Zondo
BLF gaan nie u2018sy duim suig soos EFFu2019 voor Zondo

BLF gaan nie ‘sy duim suig soos EFF’ voor Zondo

Werner Beukes

Black First Land First (BLF) gaan nie “sy duim suig soos die EFF” in sy voorlegging aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping nie.

“Ons kom met verdoemende feite teen Pravin Gordhan,” sê Andile Mngxitama, leier van die organisasie.

Die BLF gaan hierdie week voorlopig met die kommissie vergader in aanloop tot Zanele Lwana, adjunkpresident van die BLF, se getuienis op 12 Februarie.

Volgens Mngxitama is dit die BLF se doelwit om nie met versinsels voor die kommissie te verskyn nie.

Die EFF het verlede jaar aanklagte van afpersing, bedrog, korrupsie, meineed, geldwassery en die skending van die Intelligensiewet en die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite teen Gordhan, minister van openbare ondernemings, ingedien. Gordhan het dié aantygings ten sterkste ontken en die EFF daarvan beskuldig dat hy die aandag probeer aflei van werklike korrupsie in die land.

Die kommissie, onder voorsitterskap van adjunkhoofregter Raymond Zondo, sal vandag omstreeks 10:00 met sy verrigtinge in Parktown, Johannesburg, voortgaan. Die kommissie het sedert sy sitting in 2018 begin het, plofbare getuienis van huidige en gewese hooggeplaaste politici en staatsamptenare aangehoor. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!