Blaser vergeet muntstuk, geskors vir ‘rots, papier, skêr’
Sokker
’n Britse sokkerskeidsregter is vir drie weke geskors nadat hy die loot by ’n Women’s Super League-wedstryd met die speletjie rots, papier, skêr beslis het.
BBCSport berig David McNamara het dié bloutjie geloop voor Manchester City se tuiswedstryd teen Reading op 26 Oktober toe hy sy muntstuk in die kleedkamer vergeet het.
Die FA, die beheerliggaam van Engelse sokker, sê in ’n verklaring McNamara “aanvaar die klag dat hy nie in die beste belange van die spel opgetree het nie”.
Die reëls van die sport vereis dat ’n muntstuk gebruik word om die loot voor ’n wedstryd uit te voer.
In hierdie geval was Engeland en Manchester City se kaptein, Steph Houghton, en die Reading-kaptein, Kirsty Pearce, betrokke voordat die spanne gelykop met 1-elk gespeel het.
Joanna Stimpson, hoof van die FA se vroueskeidsregters, het McNamara se flater as ’n “oomblik van waansin” beskryf.
“Die skeidsregter het sy muntstuk vergeet en in daardie oomblik, in ’n wedstryd op televisie uitgesaai is, het hy regtig min tyd gehad,” sê sy.
“Hy moes beter voorbereid gewees het. Dit is nie gepas nie, dit is baie amateuragtig.”
McNamara se skorsing geld van Maandag, 26 November tot Sondag, 16 Desember.
“Die FA kan bevestig dat die skeidsregter David McNamara vir 21 dae geskors is nadat hy skuld op die klagte teen hom beken het,” sê die beheerliggaam.
Die “World Rock Paper Scissors Association”, wat homself grappenderwys op Twitter as die beheerliggaam vir die speletjie beskryf, meen sokker se reëls moet aangepas word om plek te maak vir ‘rots, papier, skêr’ in stede van ’n “verspotte” loot met ’n muntstuk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie