BlackBerry dagvaar Facebook oor WhatsApp

08 March 2018 | Sakenuus
BlackBerry het Dinsdag 'n eis teen Facebook ingestel waarin hy aanvoer die maatskappy het sy patentregte geskend.

Hy sê WhatsApp en Instagram, wat albei aan Facebook behoort, het ­tegnologie en funksies van ­BlackBerry Messenger nageboots en dat hy daarvoor vergoed moet word.

Litigasie oor skending van ­patentregte is deel van BlackBerry se uitvoerende hoof, John Chen, se strategie om meer geld vir die maatskappy in te win nadat dit oor die afgelope paar jaar heelwat markaandeel verloor het.

“Die verweerders het mobiele boodskap-apps geskep wat baie van BlackBerry se innovasies gebruik, insluitend veiligheid, ­gebruikerskoppelvlak, en verbeterde funksionaliteit,” voer die ­Kanadese maatskappy in sy ­hofaansoek in Los Angeles aan.

“Om aandeelhouers se bates en intellektuele eiendom te beskerm, is die werk van elke ­uitvoerende hoof,” sê Sarah McKinney, 'n woordvoerder van BlackBerry.

Sy ontken dat litigasie Black­Berry se strategie is en sê die hofsaak volg op jare van onderhandelinge.

BlackBerry het 'n verpligting teenoor sy aandeelhouers om ­toepaslike regsmiddele na te streef, voeg sy by.

Paul Grewal, een van Facebook se regsadviseurs, sê die maatskappy sal die eis teenstaan.

“Nadat hy sy pogings om te ­innoveer laat vaar het, wil BlackBerry nou die vrugte van ander se innovasie pluk.”

BlackBerry probeer om maat­skappye te oortuig om hom ­tantieme te betaal vir die gebruik van sy sowat 40 000 wêreldwye patente op ­tegnologie, insluitend bedryfstelsels, netwerkinfrastruktuur,­­ ­akoestiek, boodskapdienste, ­kuberveiligheid en koordlose kommunikasie. BlackBerry verkoop ook kuberveiligheidsprogrammatuur vir motors wat self bestuur.



Nokia gedagvaar

Die maatskappy het Nokia in 2017 gedagvaar weens die skending van sy patentregte op 3G- en 4G-kommunikasietegnologie. Die saak is nog hangende.

Qualcomm het verlede jaar ­ingestem om BlackBerry meer as R11 miljard te betaal om 'n dispuut oor tantieme te skik.

BlackBerry het ook in Oktober 2017 aangekondig dat hy 'n vertroulike skikking bereik het met Blu ­Products, 'n Amerikaanse maatskappy wat laekosteselfone vervaardig.

Dié maatskappy het glo ook ­BlackBerry se patentreg geskend. – Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Behati en Adam wys foto van nuwe baba

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira HattinghDie Namibiese model Behati Prinsloo en haar man, Adam Levine, het gister vir die eerste keer 'n foto van hul jongste babadogtertjie, wat in...

Resessie verslap sy greep op Namibië

10 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyHoewel die Namibiese ekonomie sedert die tweede kwartaal van 2016 geen of negatiewe groei toon, het die resessie se houvas op die land verminder....

Ek­samens: 'Skole het genoeg tyd'

10 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Staatskole is deeglik bewus van die datums waarop streekeksamens afgelê word. Dié datums behoort ook op elke skool se kalender van aktiwiteite...

Weer, Woensdag 19 Junie 2018

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik koud oor die binne­land. Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit sonnig en warm wees, maar baie warm...

Reeksverkragter sal vir 60 jaar moet boet

10 ure gelede | Howe

Denver KistingJan Rooinasie, wat onlangs emosieloos na sy skuldigbevinding op 16 klagte geluister het, het vandeesweek gehoor hy verdien om uit die samelewing verwyder te...

Duitse vrou vas oor wapens, ammunisie, bigamie en bedrog...

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Duitse vrou is steeds in aanhouding ná sy Vrydag in die landdroshof op Okahandja in verband met klagte van die besit...

Aranos-moord: Breinondersoek gevra

10 ure gelede | Howe

Fred Goeieman - 'n Kliniese sielkundige wat Willem Visagie Barnard, wat sy vrou vermoor het, geëvalueer het, het bevind hy het 'n mate van organiese...

April-reën bring uitkoms vir sommige

10 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die 2017-’18-reënseisoen het op ‘n hoë noot afgesluit toe die meeste Noorde-streke en gebiede rondom Windhoek, plaas Monica in die Omahekestreek, Gibeon...

Ouma Sofia is 105!

10 ure gelede | Mense

ont face="Verdana" >Henriette Lamprecht - Sy was al die jare “heeltemal gesond”, maar het skielik blind geword en mettertyd agteruitgegaan. So vertel me. Maria Claassen...