Black Africa skop vas: ons bly by NPL

16 October 2020 | Sport
Tielman van Lill

Die tussentydse komitee van die Black Africa-sokkerklub het Woensdag in ’n amptelike skrywe aan die Namibië Premierliga (NPL) opnuut sy lojaliteit aan die NPL bevestig.

Volgens die Namibiese Sokkervereniging (NFA) het Black Africa egter aansoek gedoen om deel te word van die NFA se voorgestelde Topvlakliga wat as plaasvervanger vir die land se hoogste sokkerliga moet dien.

Maar BA sê in sy skrywe aan mnr. Harald Fülle, uitvoerende beampte van die NPL, dit is nie waar nie. Dié ongemagtigde aansoek is glo deur BA-ondersteuners aan die NFA gerig wat dit goedsmoeds aanvaar het.

Mnr. Browney Mutrifa, voorsitter van BA wat die brief aan die NPL onderteken het, skryf: “Ten spyte van die brief wat inderhaas aan jou kantoor gestuur is waarin ons klub (BA) kamtig bedank het, is onwaar. Wees gerus, want BA as die heersende NPL-kampioen is en bly steeds ’n lid van die NPL.

“Die leierskap van BA hou by die besluite van die 2019 NPL-kongres. Ons ondersteun die besluit van die NPL om as ’n onafhanklike sportliggaam by die Namibiese Sportkommissie te registreer en die NPL in ’n volwaardige professionele sokkerliga te omskep.

“Ons erken en ondersteun die minister van sport, jeug en nasionale diens se belang in sport om die voortslepende dooiepunt in sokker op te los.”

Die tussentydse komitee wat tans in beheer van Black Africa se sake is, kan moontlik eers met sy algemene jaarvergadering aan die einde van 2020 deur ’n nuut verkose paneel vervang word. Die nuwe komitee sal vir die volgende termyn van vyf jaar in beheer van BA se sake wees.

’n Anonieme bron sê: “Hoe kan die NFA ’n aansoek van ’n mens aanvaar wat geen amptelike sake of erkenning van BA het nie? Net die NFA sal so iets erken en aanvaar en dit in ’n amptelike skrywe aan die media openbaar.

“Die NFA het ook aansoeke ontvang van mense wat onregmatig namens Blue Waters en Citizens vir insluiting in die NFA se Topvlakliga aansoek gedoen het. Dié twee klubs is óók nog lede van die NPL!”

Die tussentydse komiteelede van BA – die mees suksesvolle klub in Namibië – is mnr. Browney Mutrifa (voorsitter), Lakka Goagoseb (ondervoorsitter), Rebekka Goagoses, Doris Lamperth en Boni Paulino.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...