Blaaskans vir agterstallige taks wéér verleng
Belastingbetalers wat nie van die verlengde aansporingsprogram gebruik maak nie, sal vir die volle bedrag met rente aanspreeklik gehou word.
Jo-Maré Duddy
In 'n poging om miljarde dollar se agterstallige belasting in te vorder, is die sperdatum vir laatbetalings tot 3 April verleng.
Dit is die tweede keer dat die ministerie van finansies dié datum uitstel. Die aansporingsprogram om agterstallige belastings te herwin, is in Februarie verlede jaar van stapel gestuur, aanvanklik met 'n sperdatum van einde Julie 2017. Dié datum is toe tot 11 Maart vanjaar verleng.
Die permanente sekretaris van finansies, me. Ericah Shafudah, het gister 'n verklaring uitgereik waarin die sperdatum met nóg sowat drie weke verleng is.
Met die aankondiging van die program verlede jaar, het die ministerie gehoop om sowat N$4 miljard se agterstallige belasting te herwin. Die totale uitstaande bedrag, saam met rente en boetes, het toe op ongeveer N$19 miljard gestaan.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het in sy begrotingstoespraak onlangs gesê die aansporingsprogram het tot die herwinning van net meer as N$972 miljoen se agterstallige belasting gelei.
Soos met die uitstel van die datum in Julie, is Jan Taks nou minder vrygewig as in verlede Februarie.
Tóé sou hy met die primêre bedrag en net 20% van die rente tevrede wees.
Die oorblywende 80% en die boetes sou afgeskryf word. Nou, soos aan die einde van Julie, moet verskuldigdes die primêre bedrag en 70% van die rente opdok.
Shafudah het gister gesê belastingbetalers – van besighede tot inkomstebelastingpligtiges – wat nie van die verlengde aansporingsprogram gebruik maak nie, sal vir die volle bedrag met rente aanspreeklik gehou word.
Die ministerie sal met die volle mag van die reg op hulle toesak, het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie