Bitter min SA’ners kyk Showmax, Netflix
Petrus Malherbe – Die gebruik van stromingsdienste soos Netflix en Showmax het nog nie werklik onder Suid-Afrikaners posgevat nie.
Dit blyk uit navorsing van die Uitsaainavorsingsraad van Suid-Afrika wat pas ’n verslag oor die gewildheid van stromingsdienste onder Suid-Afrikaners uitgereik het.
Daarvolgens gebruik net ’n handvol Suid-Afrikaners Showmax, en nog minder Netflix. Trouens, verreweg die meeste mense wat tot die navorsing bygedra het, gebruik geen stromingsdiens nie.
Die navorsingsraad het 3 154 Suid-Afrikaners tussen Januarie en Junie vanjaar gevra of hulle ’n stromingsdiens in die laaste week gebruik het.
Altesaam 24% het aangedui dat hulle YouTube minstens een keer in die afgelope week gebruik het. Net 5% het gesê dat hulle Showmax gebruik het, en 4% sê hulle het Netflix gebruik.
Altesaam 73% van respondente het egter gesê dat hulle geen stromingsdiens gebruik het nie.
Van diegene wat wel ’n stromingsdiens gebruik, het byna 90% gesê hulle gebruik YouTube die graagste.
Showmax, sowel as Netflix, is volgens die navorsing nie baie gewild onder Suid-Afrikaners nie, met onderskeidelik 6% en 5% wat aangedui het hulle gebruik dit gereeld.
Uit die navorsing blyk dit ook dat meer mans (53%) as vroue (47%) van stromingsdienste gebruik maak.
Gratis televisie kraai steeds koning
Uit die navorsing blyk dit ook dat Suid-Afrikaners die graagste na gratis televisiekanale kyk, veral SABC 1 en SABC 2.
Van die 3 154 mense wat ondervra is, het 76% gesê hulle het in die laaste week na SABC 1 gekyk; 62% het na SABC 2 gekyk en 58% na e.tv.
Die gewildste betaalkanaal is Mzanzi Magic waarna 22% van die respondente in die laaste week gekyk het.
Mzanzi Magic is beskikbaar op DStv se Premium-, Compact Plus- en Compact-pakkette.
SuperSport 3 en 4, wat op dieselfde pakkette beskikbaar is, is deur onderskeidelik 12% en 13% van respondente gekyk.
Altesaam 8% van die respondente het in die laaste week na M-Net en eNCA gekyk.
Daarby blyk dit dat meer vroue TV kyk; 51% teenoor 49% van mans.
· Netwerk24 is deel van Media24, nes Showmax en DStv 'n filiaal van Naspers. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie