Bitcoin breek deur US$5 000-vlak
Elvira Wood - Bitcoin se waarde het weer 'n nuwe hoogtepunt bereik.
Sommige mense is dalk skepties oor kriptogeldeenhede, maar dit het bitcoin nie gekeer om weer ’n nuwe hoogtepunt te bereik nie.
Bloomberg berig dié geldeenheid, wat van blokkettingtegnologie gebruik maak, het Donderdag vir die eerste keer teen meer as US$5 000 per bitcoin verhandel.
Bitcoin het in oggendverhandeling in Londen met 7,1% gestyg tot ’n nuwe rekord van US$5 170.
Berigte dat die Chinese regering sy regulasies oor kriptogeldeenhede gaan verslap, was glo een van die redes vir die positiewe sentiment.
Goldman Sachs het ook gesê hy wil kyk hoe hy sy kliënte kan help om in dié geldeenhede te verhandel.
Die waarde van bitcoin het vroeg in September binne ’n dag met bykans 11% getuimel toe die Volksbank van China ’n stokkie voor die verhandeling van virtuele geldeenhede gesteek het.
Die Chinese sentrale bank het gesê dit is onwettig om in virtuele geldeenhede soos bitcoin te verhandel, en alle verhandelingsbedrywighede daarin moet gestaak word.
Virtuele geldeenhede soos bitcoin en ethereum word nie tans gereguleer nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie