Binnelandse sake maan studente

Streng vereistes geld vir buitelanders wat hier wil studeer

30 December 2016 | Regering
Estelle de Bruyn



'n Beroep is op Namibiese studente gedoen wat van voorneme is om in die buiteland te gaan studeer, om die wette van die lande waarheen hulle gaan streng na te kom en hulle van gebruike in dié lande te vergewis.

Die amptelike woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, me. Salome Kambala, het Woensdag op 'n mediakonferensie gemaan dat studente moet seker maak dat hul Namibiese paspoorte nog geldig is teen die tyd dat hulle hul studies voltooi.

Sy sê verskeie klagtes is vanjaar en in 2015 ontvang oor Namibiese studente in die buiteland, wat paspoorte wat verval het in hul besit gehad het.

Sy sê studente moet op die vervaldatum van hul paspoorte let. Sy het hulle aangeraai om minstens ses maande voordat 'n paspoort verval, na die naaste Namibiese ambassade of hoëkommissariaat te gaan en die paspoorte daar in te handig. Dit sal met die diplomatieke possak na binnelandse sake in Windhoek gestuur word, waar dit hernu sal word en weer aan die studente terugbesorg word.

Nog 'n probleem wat vanjaar ondervind is, is dat studente se geld opgeraak het. Kambala vra dat diegene wat studente borg om in die buiteland te studeer, hetsy dit private maatskappye of die ouers van studente is, seker moet maak dat die studente oor voldoende geld beskik om vir hul verblyf, studies en selfversorging te betaal.

Sy het ook op die verantwoordelikheid van ouers gewys, wat ondanks die feit dat hul kinders met beurse van die staat of private maatskappye of op uitnodiging van buitelandse instansies studeer, ook verantwoordelik is om toe te sien dat die studente oor voldoende lewensmiddele beskik.

Volgens Kambala het die aantal Namibiërs wat in die buiteland studeer, tussen 2014 en 2016 met 20 persent toegeneem en staan nou op ongeveer 42 000 studente.

Wat buitelandse studente betref wat in Namibië studeer, sê sy die meeste studente kom uit Angola, gevolg deur Zimbabwe en Zambië. Veral Angolese studente skryf eers vir 'n een jaar lange kursus in om Engels onder die knie te kry voordat hulle hul studies in ander rigtings voortsit.

Kambala het hierdie studente gemaan om vooraf seker te maak van die vereistes wat Namibië vir die uitreiking van 'n studievisum stel. Hierdie besonderhede is volgens haar op die webtuiste van die ministerie beskikbaar. Dit behels onder meer 'n brief van aanvaarding deur die instansie waar 'n student wil studeer; 'n gesondheidsertifikaat; veiligheidsklaring van die polisie; 'n geldige paspoort en bewyse dat 'n student geldelik vir die duur van die kursus selfversorgend sal wees.

Kambala het ook 'n waarskuwing aan buitelandse studente gerig wat na afloop van hul studies in Namibië aanbly sonder dat hulle oor die nodige visums of permitte beskik. Sy het beklemtoon dat 'n studentevisum nie voldoende is om 'n werk in Namibië te aanvaar of 'n sakeonderneming hier te begin nie.

“Hulle moet na afloop van hul studies terugkeer na hul lande van oorsprong en dan die regte prosedures volg indien hulle om werkpermitte, besigheidspermitte of verblyfpermitte wil aansoek doen,” het Kambala gesê.

Sy het ook 'n beroep op Namibiërs gedoen wat bewus is van buitelandse studente wat hul studies voltooi het, maar aangebly het en dus onwettig in die land is, om dit by die polisie of die ministerie van binnelandse sake en immigra­sie aan te meld.

Soortgelyk

 

Nujoma, Iyambo na Mnangagwa se inswering

7 ure gelede | Politiek

Estelle de Bruyn Oudpres. Sam Nujoma en adjunkpresident Nickey Iyambo sal Namibië vandag in Harare by die inswering van Zimbabwe se tweede president, mnr....

Geingob: Tye het verander

7 ure gelede | Politiek

Estelle de Bruyn > ‘n Perfekte storm. Dís hoe pres. Hage Geingob die huidige politieke klimaat beskryf het toe hy gister Swapo se kongres...

Weer vir 24 November 2017

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en warm tot baie warm in die Suide, maar bloedig warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie...

Omaheke-afgevaardigdes kry groen lig

7 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw'n Dringende aansoek van vier Swapo-lede van Omaheke om 27 afgevaardigdes van hul streek uit Swapo se kongres te hou, is Woensdag in die...

MUN in hof oor Swapo-kongres

7 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Mynwerkersunie (MUN) het in ‘n laaste poging om die verteenwoordiging van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) in die Swapo-kongres...

Kalender 24 November

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Sluit by die FNCC aan vir die laaste akoestiese Vrydag van die jaar. Verwelkom NOVA! Hierdie duo gaan vanaand die Akoestiese...

ACC pleit vir groter kapasiteit

7 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) versoek die regering om genoeg geld en personeel beskikbaar te stel sodat die publiek se verwagtinge rakende die bekamping...

Vinwalvis spoel by Swakop uit

7 ure gelede | In beeld

Me. Jermanneke Havemann van Swakopmund het hierdie vinwalvis gister naby die Seaside Hotel op Swakopmund opgemerk. "Hy moes baie oor die klippe gerol het, want...

Drywer besteel glo bekende avontuurgroep

7 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die toermaatskappy Nomad Adventure Tours gaan vandag (Vrydag 25 Nov) ’n klag by die polisie teen ’n Namibiese toerbusdrywer indien wat na...