Binneland kan môre reën kry

Onweer tot Sondag voorspel

06 February 2019 | Weer
Elvira Hattingh – Reënvooruitsigte in die komende dae tot die naweek lyk belowend vir die Namibiese binneland, met swaar donderbuie wat na verwagting op die meeste plekke sal voorkom.

Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister gesê verspreide donderbuie word reeds vandag op plekke in die Sentrale Noorde verwag.

Sonnige toestande behoort in die verre Weste en in die ||Kharasstreek te heers, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm sal wees.

“Goeie vooruitsigte bestaan egter vir môre en Vrydag, wanneer wydverspreide donderbuie oor die hele binneland verwag word, met swaar neerslae op die meeste plekke.”

Volgens Kgobetsi sal dit ook verligting van die hitte bring. “Danksy die wolkbedekking en reën sal dagtemperature effens daal,” het hy gesê.

Na verwagting sal donderbuie Saterdag en Sondag steeds oor die binneland voorkom.

Dít volg nadat Santam Suid-Afrika se landbouweerkundige, mnr. Johan van den Berg, in ‘n reënvooruitskouing van 25 Januarie gesê het ‘n skerp positiewe verandering in vooruitsigte vir die res van die seisoen is te bespeur, met ‘n sterk moontlikheid dat Februarie en Maart vanjaar die oorheersende reënmaande sal wees.

Hy het bygevoeg ‘n 70%-kans bestaan dat normale tot bonormale reën in die twee maande in veral die sentrale en noordelike dele van Namibië verwag word, hoewel reën na verwagting skaars in die suidelike en suidwestelike dele van die land kan wees.

Hy het ook gesê 'n 30%-kans bestaan dat gemiddelde reën in Februarie kan voorkom, met 'n swak afsluiting van die huidige seisoen.

Die Namibiese weerkantoor het onlangs in hul jongste reënverslag gesê die eerste helfte van die huidige reënseisoen het in die algemeen met ‘n tekort aan reën afgesluit en reënval was tussen Oktober en Desember oor die groter dele van die land ondergemiddeld.

“Op ‘n seisoenale skaal het die meeste reënstasies tussen Oktober en Desember verlede jaar onderdrukte reënneerslae aangemeld, met die uitsondering van kolle in die Khorixas-Otjiwarongo-Otjimbingwe-driehoek, asook gebiede rondom Steinhausen.

“Hier het bonormale reënneerslae voorgekom,” lui die verslag, wat deur mnr. Simon Dirkse, hoof van klimaat en die Namibië Meteorologiese Diens (NMS) se databank, saamgestel is.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

4 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

4 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

5 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

16 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

16 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

16 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

16 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...