Binnegevegte rem RDP

Faksievorming en binnegevegte is besig om 'n stok in die speke van die voormalige amptelike opposisieparty te steek.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - ‘n Oënskynlike komplot om van die president van die Rally for Democracy and Progress (RDP), mnr. Jeremia Nambinga, ontslae te raak, het meegebring dat die nasionale uitvoerende komitee van die party verlede naweek ‘n wantrouemosie teen hom aanvaar het.

Die visepresident van die party, mnr. Steve Bezuidenhout, het dit aan Nampa bevestig. Hy sê wanneer die sentrale komitee van die party aan die einde van Oktober vergader, sal Nambinga se politieke lot weer op die agenda wees.

‘n Voormalige lid van die nasionale uitvoerende komitee en oudparlementslid, mnr. Heiko Lucks, het op navraag aan Republikein gesê hy het drie maande gelede uit die uitvoerende komitee bedank, juis oor die wyse waarop Nambinga ondermyn word.

“Daar is ‘n sekere faksie wat dit vir Nambinga onmoontlik maak om sy werk te doen. Daar is lede wat voortdurend laat kom vir vergaderings. Alles en nog wat word vir ure bespreek en indien besluite geneem word, word dit nooit uitgevoer nie.

“Daar is mense op die uitvoerende komitee wat net daar is vir die posisie en die titels wat daarmee saamgaan.

“Ek het die indruk gekry dat die betrokke faksie met ‘n frustrasie-taktiek besig is. Vergaderings het letterlik in ‘n sirkus ontaard met die gehalte van debatvoering wat veel te wense oorlaat,” het Lucks gesê.

Volgens hom was die uitvoerende komitee ook nie die regte forum vir ‘n wantrouemosie nie en moes dit eerder tydens die vergadering van die sentrale komitee geopper word. Hierbenewens moet so ‘n besluit deur die RDP se kongres bekragtig word.

Nambinga het 'n verklaring uitgereik waarin hy onderneem om sy volle termyn as partyleier uit te dien, ondanks die wantrouemosie.

In die verklaring ontken Nambinga dat hy vooruitgang in die party aan bande lê aangesien die party reeds die slagoffer van sluimering, lae moraal, swak strukture en vakante poste was toe hy die leierskap oorgeneem het.

Hy is dit eens met Lucks dat dit nie die verantwoordelikheid van die nasionale uitvoerende komitee is om ondersoek na hom in te stel en hom met bewerings te konfronteer nie. Boonop sal dit ongrondwetlik wees om hom as partyleier te verwyder.

Nambinga lei die RDP sedert 2015.

Ná afloop van die party se swak prestasie in die 2014-verkiesing is druk op mnr. Hidipo Hamutenya, die stigterspresident van die party, uitgeoefen om te bedank, wat hy in Maart 2015 gedoen het. Die visepresident van die party, mnr. Steve Bezuidenhout, was waarnemende president tot Nambinga se verkiesing. Hamutenya het in Augustus 2015 weer by Swapo aangesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!