Billike realisme
Vir mynbou is dit nie net in Namibië nie, maar ook elders ’n tyd om sterk teen die storms te staan.
Dít is ook die tema van die jaarlikse Mynbou Ekspo wat tot vandag in Windhoek plaasvind.
As een van die grootste bydraers tot die staatskas en een van die grootste werkskeppers in die land, bly mynbou ’n sleutelpilaar van die Namibiese ekonomie.
Tydens die opening van die ekspo het die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, onder meer gesê dat ’n groot klomp burokrasie al uit die weg geruim is om die toekenning van mynlisensies te bespoedig. Dit is goeie nuus, gegewe die belang om spilbedrywe aanloklik vir beleggers te maak.
Vir baie jare al word Namibië as ’n baie gunstige bestemming vir mynboubeleggings beskou. Midde sikliese uitgelewerdheid aan internasionale skommelinge, is dit belangrik om hierdie status nie met uitermate en ondeurdagte nuwe eise, nuwe rompslomp en nuwe belastings te ondergrawe nie.
Die nuwe bemagtigingsplan, NEEEF, is in sy huidige formaat ook vir mynbou ’n bron van kommer.
Baie opheffing moet nog in Namibië geskied. En geen persoon of bedryf verdien kwytskelding van sy bydrae nie.
Verskeie mynmaatskappye belê reeds aansienlike bedrae in maatskaplike projekte. Ook historiese leemtes in vergoedingstrukture en voordele soos behuising, geniet aandag.
Ja, mynbou moet sy deel vir transformasie doen. Ook wat die ontwikkeling van vaardighede en plaaslike waardetoevoeging behels.
Veral in moeilike tye is billike realisme egter noodsaaklik.
So sê ander
27 April 2016
Fikile Mbalula is besig met ’n gevaarlike spel
Die sportminister, Fikile Mbalula, se aankondiging dat sportliggame nie internasionale toernooie mag aanbied omdat hulle nie aan transformasieteikens voldoen nie, is ’n rookskerm om sy eie mislukkings te verbloem.
Transformasie in sport móét gebeur as ons land die talent van die hele bevolking tot sy reg wil laat kom. Dít is nog nooit betwis nie. Die kernvraag is eerder hóé dit moet gebeur.
Daarom is dit belangrik om Mbalula te herinner dat hy in November 2010 self erken het dat kwotas in sport nie werk nie. ’n Alternatiewe benadering om op skoolvlak die grondslag vir transformasie te lê, is in die vooruitsig gestel.
Hier het hy en ander sleutelrolspelers in die kabinet die bal erg laat val, en nou probeer hy die skuld op die federasies pak.
Boonop het sy uitlatings ál die bestanddele van goedkoop verkiesingsretoriek.
• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie