Bietjie krieket, sê jy

15 May 2019 | Rubrieke
Kyk, ek glo darem ek het ’n redelike breë kennis as dit by sport kom. Al ken ek nie noodwendig al die belangrike terme nie, weet ek genoeg om te kan gil en skree en weet wie ek wanneer moet blameer as iets fout gaan.

Die een sport wat ek egter geen kennis van dra nie is krieket. Hoewel my pa die grootste ondersteuner van hierdie betrokke sportsoort was, het daai belangstelling egter nie deurgesyfer na sy kinders toe nie.

Stel jou net die skok voor toe ek ’n ruk gelede moes hoor ek werk by ’n kriekettoernooi met absoluut geen kennis van die spel nie. Persoonlikheid kan jou ook net só ver bring en, ek is bevrees my persoonlikheid is nie heeltemal genoeg om hierdie gaping in kennis te oorbrug nie.

Wat my verder op my senuwees gemaak het, is die idee van krieketballe wat links en regs trek. Die uwe het haarself nie lank voor die geleentheid nie gate uit geniet deur te lag vir joernaliste wat hul moses teëgekom het by sportwedstryde. Onder meer het hierdie arme siele hard met sokker- en rugbyballe kennis gemaak.

Ek het hierdie video’s oor en oor gekyk, want dit het my ietwat vieslike dag aansienlik beter gemaak. Ek het vergeet die spreekwoord lui mos “wie die laaste lag, lag die lekkerste”, en liewe Mariselle het op daardie oomblik baie lekker gelag.

Ek is die hele toernooi deur op my senuwees, want ek is nie die wêreld se kleinste mens nie, wat beteken ek is ’n baie groter teiken vir baie entoesiastiese kinders wat krieket speel. Soos ons staan met kameras om af te neem, brand die son my dat ek wéét ek is gebrand.

Ek het ook besluit dit is ’n fantastiese idee om my Moses-sandale aan te trek, want daar is niks beter as ’n sandaal-tan op jou voete nie. Tussen die sonsteek deur probeer ek die balle dophou en sin te maak van die terminologie. Hoe nader die toernooi aan die finale kom, hoe meer opgewonde raak die ouers.

Die aangevuurde opwinding hits weer die kinders aan, wat baie graag vir Mamma en Pappa ’n ses wil slaan. Elke voël wat vlieg, lyk vir my meer en meer soos ’n krieketbal, en ’n paar benoude gille het deurgeglip toe hierdie “balle” net bietjie te naby aan my beweeg.

Tydens ’n pouse het ek gedink ek het uiteindelik kans nou om net te ontspan.

Ek sit rustig en gesels met my rug na die veld, toe ek ’n onaardse gefluit hoor. Voor ek registreer wat dit is, hoor ek die gevreesde klapgeluid, en toe begin ek brand.

Hoe langer ek sit, hoe meer begin die kol op my rug brand.

Al is ek amper 23 en ’n volwasse vrou het ek geen beheer gehad oor die verraaiende trane wat begin rol nie. My been is lam en my rug brand en my wange brand en alles pyn.

Ek hoor ’n baie senuagtige seuntjie langs my om verskoning vra dat hulle “die tannie” raakgeslaan het. Die. Tannie. Die 22-jarige tannie. Ek is 22 en ek is ’n tannie, en ek is nou net deur ’n 12-jarige teen my rug geslaan met ’n krieketbal.

Net daar is dit verby. Ek staan versigtig op en gaan staan om die hoekie net om myself onder beheer te kry.

Ek belowe myself daar en dan ek sal nooit weer lag vir die mense wat deur vlieënde balle geslaan word nie, en ek besef net weer hoekom ek nie krieket kyk nie.

Soortgelyk

 

Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat

4 ure gelede | Howe

Die sesde beskuldigde in 'n renosterstroperysaak is vandag borgtog van N$6 000 in die landdroshof op Outjo toegestaan. Mnr. Rukeeveni Nguronda (34) en sy vyf...

Ter plaatse ondersoek na hout-oeste

4 ure gelede | Omgewing

Die parlementêre portefeuljekomitee belas met natuurlike hulpbronne het gister besoek aan drie Chinese houtdepots in die Kavango-Oosstreek by Kapupahidi, Taratara en Kawe afgelê. Dít glo...

Kalahariwoestyn keer terug

20 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

20 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

20 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

20 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

20 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

20 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...