Bier-en-speksop
Hierdie heerlike sop is ook ’n voorslag fonduesous vir by die kampvuur as jy dit effens verdik.
Jy benodig
• 250 g dik rugspek, gekap
• 1 groot ui, gekap
• 1 selderystingel, gekap
• 2 eetlepels botter
• 2 koppies hoenderaftreksel
• 2 koppies bier
• 2 koppies melk
• 1 koppie sterk cheddar, gerasper
• 3 eetlepels meel
• ’n knypie neutmuskaat
• ½ teelepel rooipeper
• swartpeper, na smaak
• 1 koppie room
• ’n bossie vars pietersielie
Só maak jy
1. Braai die spek in ’n pot totdat dit bros is. Skep die spek uit en gooi die vet af.
2. Braai die uie en seldery in dieselfde pot met botter oor ’n lae hitte totdat dit sag is.3. Voeg die spek, bier, aftreksel en die helfte van die melk by die pot en laat dit prut.4. Kombineer die kaas, meel en spesery baie goed in ’n plastieksak. Strooi dit eweredig oor die inhoud van die pot en roer totdat die sop verdik het en liggies prut.5. Gebruik die res van die melk om die sop mee te verdun indien nodig. Roer die room deur en verwyder die sop van die hitte net voordat dit weer kookpunt bereik.6. Sprinkel die gekapte vars pietersielie oor en sit dit voor met 'n dik sny warm brood. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie