Bielie van u2019n kolstert vat die aas
Bielie van u2019n kolstert vat die aas

Bielie van ’n kolstert vat die aas

Anneli Erasmus
Des Erasmus - Die vangs van die vakansieseisoen was ’n kolstert wat Marina Kruger, ‘n geregistreerde hengelaar van Hentiesbaai, net noord van Horingbaai in die rigting van Bakleigat uitgehaal het.

Marina se vis het die skaal op 2,2 kg laat trek.

Kolsterte haal selde ‘n gewig van 2 kg. Marina sê sy en haar mense was op ’n gewone hengeluitstappie en op soek na kabeljou toe die sonderlinge vangs behaal is. Op die betrokke plek het hulle in die water ingestap om diep vir kabeljoue in te gooi met hul hoeke gelaai met pelsers. Toe kom die bielie van ‘n kolstert uit.

Marina het Saterdag aan Republikein gesê hengel is weer harde werk met die vis wat bra skaars is. Die water is skoon en die seewatertemperatuur is in die omgewing van ‘n hoë 18 °C. Juis die skoon en warm water word as rede aangevoer vir die vangs van nog ‘n skaars spesie die naweek by Myl 8. Dit was waar sommer skaflike leervisvangste behaal is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!