Bielie van 'n kabeljou!
Christo Steenkamp met sy kabeljou van 19 kg wat hy gister by die tweede Paaltjie op die strande suid van Walvisbaai gevang het. Ander lede van sy geselskap het self mooi kabeljoue gevang wat die skaal tot op 6 kg getrek het. Die groot kabeljoue het Sondagoggend suid van Walvisbaai begin byt met aanduidinge dat die jaarlikse kabeljoutog na hul broeivelde by Sandvishawe aangebreek het. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie