Bielie-mielies: Hiér is die redes vir enorme oes
Die knellendste droogte in meer as 'n eeu is opgevolg deur feitlik perfekte weer vir mielieprodusente – en nou wink die grootste mielie-oes tot nog toe in Suid-Afrika.
Leanne George - Die jongste Suid-Afrikaanse oesskatting raam dié jaar se mielie-oes op amper 16 miljoen ton. Dit is baie meer as die land se gemiddelde oes van 12,5 miljoen ton en meer as dubbel soveel as verlede jaar se oes van 7,7 miljoen ton.
Boonop is daar vanjaar 'n surplus van 4 miljoen ton; verlede jaar moes 2 miljoen ton ekstra ingevoer word.
“Ons het 'n uitstekende produksiejaar gehad en die klimaat het 100% saamgespeel,” sê Nico Hawkins, hoofbestuurder van die nasionale graaninligtingsdiens (Sagis).
Volgens Konrad Keyser, ekonoom van Brisen Commodities, was daar in die bestuiwingstyd minder hitte en droogte in die belangrike produksiegebiede.
Somergraanboere het ook vanjaar baie méér mielies aangeplant nadat verlede jaar se piepklein oes hoë pryse meegebring het, sê Hawkins.
“Produsente is geneig om agter pryse aan te plant en hulle wou die verliese probeer verhaal wat hulle verlede jaar gely het,” sê hy.
Daarby het boere verlede jaar die grond vir 'n groter oes bemes, wat toe nie gerealiseer het nie. Dié surplus bemestingstowwe is deur die grond opgeneem en is aangevul deur vanjaar se nuwe bemestingsprogram, sê Hawkins.
Produktiwiteit het ook baie verbeter danksy verbeterde saadtegnologie en slim boerderymetodes, soos presisieboerdery.
Na raming plant meer as 90% van die plaaslike boere geneties gemanipuleerde (GM) kultivars aan, wat meer weerstand het teen peste en siektes.
Die nadeel hiervan is dat sommige Afrikamarkte nie-GM-mielies verkies, sê Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz.
“Zambië en Malawi het óók surplusoeste gehad, so hulle kan mededingend tot die uitvoermark toetree. Omdat hulle nie GM-mielies aanplant nie, sal sommige lande hul produkte verkies,” sê hy.
Volgens Sihlobo is dit een van die redes waarom ons waarskynlik nie ons hele 4 miljoen ton surplus sal kan uitvoer nie. Ons pryse is ook R200 per ton te hoog in vergelyking met Suid-Amerikaanse lande, wat ook na Asië uitvoer, sê Keyser.
“Ons is onmededingend omdat ons pryse te hoog is,” sê hy.
Tog sal die markkragte weens die surplus die mielieprys afdwing, wat nie goeie nuus is vir boere nie. Daarom is dit slim van boere om hulself te verskans teen prysskommelings deur termynkontrakte op die JSE te koop, sê Keyser.
'n Termynkontrak is 'n ooreenkoms om die prys van 'n kommoditeit vas te stel en dit dan op 'n sekere datum in die toekoms teen daardie prys te koop of verkoop, ongeag stygings of dalings.
Só lyk die oes
Sagis se syfers toon kommersiële en informele boere het mielies op 4,9 miljoen hektaar in die 1970-'71-boekjaar geplant en die oes was 8,9 miljoen ton. In die 1990-'91-boekjaar is 3,6 miljoen hektaar aangeplant en die oes was 8,5 miljoen ton. Vanjaar het kommersiële boere slegs 2,6 miljoen hektaar aangeplant, maar die oes is byna dubbel soveel as in 1991.
Keyser sê hy verwag die oes kan nog 16,5 miljoen ton haal wanneer die finale skatting in September bekend gemaak word.
Sihlobo sê boere het 6 ton per hektaar geproduseer, wat 'n rekordvolume per hektaar is. Dit is ook die grootste gemiddelde oes per hektaar in Afrika.
Boonop het die informele sektor se oes ook byna verdubbel sedert verlede jaar.
“Informele boere, soos kleinboere in landelike gebiede, se oes was 731 000 ton,” sê Keyser. “Verlede jaar was dit 435 000 ton. Die gunstige weer het 'n groot rol gespeel, want hulle het nie deurgaans toegang tot dieselfde gevorderde tegnologie as kommersiële boere nie.”
Hy sê informele boere word wel produktiewer, want hoewel hulle 100 000 meer hektaar as verlede jaar aangeplant het, is dit steeds minder as in die verlede – dus is volumes per hektaar in die informele sektor ook besig om te verbeter.
“Die landelike boere kan baie meer mielies verkoop om 'n inkomste te genereer en daar is ook meer vir eie gebruik.”– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie