Biden vars bries vir Afrika
Biden vars bries vir Afrika

Biden vars bries vir Afrika

Beter betrekking met die VSA word verwag met aangewese president Joe Biden aan die stuur van sake.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Ontleders het gister saamgestem met aangewese president Joe Biden van die Demokratiese Party in die Withuis sal ’n vars bries deur Afrika waai wat betrekkinge met die wêreld se grootste moondheid betref.

Daar word verwag Biden kan nuwe lewe blaas in die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) wat heffingvrye handel met die VSA moontlik maak.

Verder kan veral klimaatkwesbare lande soos Namibië in die lang termyn bevoordeel word deur Biden se onverskrokke klimaatsplan.

Pres. Hage Geingob het Biden Saterdagaand gelukgewens minute nadat CNN aangekondig het laasgenoemde het die swaaistaat Pennsilvanië verower en sy getal stemme in die kieskollege tot 273 opgestoot. Pres. Donald Trump het 213 stemme in die kieskollege op hom verenig.

Laasgenoemde het in ’n verklaring gesê Biden is nie die regmatige aangewese president nie en volgehou hy gaan ’n hofgeding oor die stemtellery aanhangig maak.

Geingob het in sy gelukwensing gesê hy het Biden tydens die vryheidstryd leer ken “as ’n beginselvaste senator wat die stryd teen apartheid in Suid-Afrika en die streek gesteun het”.

“Namibië sien daarna uit om met aangewese pres. Joe Biden saam te werk in die belang van sterkter bilaterale betrekkinge en ’n multilaterale orde wat hom vir ’n beter en regverdiger wêreld beywer.”

AGOA

Dr. Piet Croukamp, senior lektor in politieke studies en internasionale betrekkinge aan die Noordwes Universiteit in Suid-Afrika, verwag “‘n meer konstruktiewe en positiewer beleid teenoor Afrika”.

“Biden het Afrika meer as een keer besoek en met baie Afrikaleiers vergader. Sy ingesteldheid teenoor Afrika is anders as dié van Trump wat maar ’n redelike xenofoob is en van niemand hou wat van ’n sogenaamde ‘sh*thole’-land af kom nie.”

Hy sê onder Trump is Suid-Afrika byvoorbeeld op ’n “dophoulys” geplaas wat sy heffingvrye handelsbande onder die Agoa-ooreenkoms betref.

“Boere veral moet baie bly wees Biden is die nuwe president, want dit kan landbou-uitvoere bevoordeel,” sê Croukamp.

Namibië het in Februarie vanjaar die eerste Afrikaland geword wat vleis na die VSA uitvoer. Republikein was teenwoordig toe ’n besending voorkwartvleis onder die Agoa-ooreenkoms deur Meatco uitgevoer is om hoofsaaklik in die hamburgermark te gebruik.

GOEIE BETREKKINGE

Prof. Nico Horn, politieke ontleder en grondwetkenner, het gister gesê Biden was betrokke by die Demokrate se destydse sanksieveldtog teen Suid-Afrika en hy het die buurland voor die beëindiging van apartheid as Amerikaanse senator besoek en sy steun aan die vryheidstryd gegee.

“Verder het Al Gore, visepresident tydens die (Bill) Clinton-administrasie, Namibië kort ná onafafhanklikwordig besoek en die parlement toegespreek. Daar was dus van die begin af goeie betrekkinge tussen Namibië en die Demokrate.

“Die huidige president het ons afgeskryf as ’n ‘shithole’ land en kon nie eens ons naam behoorlik uitspreek nie. (Trump het in 2017 na Namibië as Nambia verwys.) Biden sal baie meer simpatiek wees teenoor Afrikalande as Trump en die verwagting is ook dat die Agoa-wetgewing onder hom nuwe lewe sal kry,” meen Horn.

"Ons weet ook Biden is oor 'n redelike tydperk 'n groot ondersteuners van Doha-verklaring. Ons kan verwag dat hy en sy regering hard sal werk om Doha hoog op die internasionale- asook die VSA se ontwikkelingsagenda sal plaas," sê hy.

Die verklaring is in 2001 tydens 'n vergadering van die Wêreldhandelsorganisasie aanvaar en was veronderstel om die voordele van globalisering na ontwikkelende lande uit te brei, hoofsaaklik deur landbousubsidies en -tariewe in die ontwikkelde lande te verminder.

KLIMAAT

In ’n oorwinningstoespraak Saterdagaand het Biden klimaatsverandering as een van sy belangrikste prioriteite as president geïdentifiseer en gesê Amerikaners moet die “kragte van die wetenskap” ontplooi in die stryd om die planeet red.

The Washington Post het gister berig Biden sal tientalle omgewingsmaatreëls herstel wat Trump afgeskaf het en die omvangrykste klimaatsveranderingsplan in die geskiedenis van die Withuis van stapel gestuur het. Hoewel strawwe teenstand van die Republikeine in die Senaat verwag word, is die VSA onder Biden gereed om ’n 180-grade-ommeswaai op die klimaatveranderings- en bewaringsbeleid te maak.

Een van die stappe wat hy gaan doen is om weer by die Parys-klimaatsooreenkoms aan te sluit.

Beide Croukamp en Horn stem saam Namibië sal as klimaatkwesbare land by dié ommeswaai baat.

EENHEID

“Ek wil verenig en nie verdeel nie,” het Biden vroeg Sondagoggend (Namibiese tyd) in sy tuisstad Delaware, in die deelstaat Noord-Carolina, gesê.

Hy het beloof om as die aangewese 46ste president van Amerika as ‘n Amerikaner te regeer, hoewel hy ‘n trotse Demokraat is. “Ek wil nie ’n blou (Demokratiese Party) staat of ’n rooi (Republikeinse Party) staat sien nie. Ek wil ’n Verenigde State van Amerika sien,” het Biden gesê.

Hy sê hy wil hê die “siel van Amerika” moet herstel word en die wêreld moet weer respek vir die land kry. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58%