Bid vir leiers, regering
Bid vir leiers, regering

Bid vir leiers, regering

Ronelle Rademeyer
Sarel Visser skryf:

Vroeg in die nuwe jaar is dit gepas om die gedagtes te laat terugloop oor die dekades vanaf Resolusie 435 en onafhanklikwording. Dit was jare van vrede, stabiliteit, en wat uitstaan is die gemaklike, gemoedelike en aangename rasseverhoudings.

Die kritieke periode van Resolusie 435 was 'n opwindende tyd. Maar ook een van asem ophou en duim vashou. As hoofkapelaan van die SWAGM was ek bevoorreg om destyds medeleraar van Pionierspark NG-gemeente te wees en kon ten nouste skakel met die formidabele kerkleiers van destyds, o.a. wyle Dii De Klerk as moderator, Peet Strauss as algemene sekretaris en Clem Marais, tans algemene sekretaris van die NG Kerk in Namibië.

In opdrag van die bevelvoerende generaal van die SWAGM moes die kapelaansdiens 'n analise maak van die klimaat in die land toe Res 435 in werking tree. Die bevinding kon opgesom word in een woord: ­Onsekerheid. En daarop wou die generaal 'n deeglike antwoord hê. Dit het uitgeloop op twee belangrike sake.

Wat die Afrikaanse kerke betref, is 'n groot saamtrek in Windhoek gereël vir alle leraars. Die hele situasie is deurgetrap en leraars is terug na hul gemeentes met die kern boodskap: God is in beheer. Gaan die onseker toekoms tegemoet in algehele vertroue op dié God. Maar in verskerpte gebed, geloofsoorgawe en verootmoediging.

Die tweede saak het die SWAGM se kapelaansdiens geraak. Kapelane is gedemilitariseer en alle koverte aksies teen Swapo is onmiddelik gestaak. Met die volle wete van en skakeling met Untag is 'n omvattende evangelisasie - aksie geloods. Meer Bybels is in die tyd versprei as in enige Afrikaland. Die Jesus-film is vertoon aan meer as 50 000 mense, en 'n honderd geestelike leiers uit die destydse Ovamboland het 'n konferensie in Kwasiza Bantu, Natal bygewoon, om maar 'n paar te noem. Dr. SG van Niekerk skryf in sy doktorale tesis oor die kapelaansdiens: “The aim was to lead as many people as possible to a living relationship with Christ”.

Die punt is: Solank die politieke proses verloop het, was die ganse land in 'n staat van gebed. Maar oor 'n kwarteeu vergeet mense as alles goed gaan. Soos Israel en sy konings in Bybelse tye. Bid ons nog in ons kerke vir die regering?

Daarom my beroep op alle kerkleiers, kerke en gelowiges: Luister fyn na die nuusuitsendings. Lees die koerante met aandag, maar met die oop Bybel langsaan. Vra en hoor wat God sê vir Namibië in 2017.

Hoor die onuitgesproke versugting van die president, die kabinet en alle leiers om voorbidding en geloofsondersteuning.

Kritiek word so maklik 'n lekker stokperdjie. Maar voorbidding vra inspanning en toewyding. Dit is juis wat God verlang - 'n land se mense wat eelte op die knieë ontwikkel soos hulle bid!

Mag God ons land seën.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!