Bibbernaweek, reën voorspel

09 July 2020 | Weer
Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.

Terselfdertyd sal koue, reënerige weer môre en Saterdag in die Suide en Weste voorkom, terwyl baie koue toestande Saterdag vir die suidelike, sentrale en oostelike streke van die land voorspel word.

Die weerkantoor het reeds Woensdag teen ryp op plekke in die suidelike, sentrale en oostelike streke van die land gewaarsku.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gister in ‘n mediaverklaring gesê bitter koue en nat toestande, swaar reën en sneeu met tot stormsterk winde word oor die volgende paar dae oor dele van Suid-Afrika verwag. Die weerdiens het Dinsdag gesê sou die weerstelsel op koers bly, kan sneeu selfs in Namibië voorkom.

Dit sal volg ná twee koue fronte vanaf môre die suidelike punt van die vasteland sal tref en meer as 50 mm reën na die Wes-Kaap kan bring.

LandWater, ‘n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto’s wetenskaplik analiseer en interpreteer, sê die laagdrukstelsel wat tans na Suid-Afrika op pad is, is een van die gevaarlikstes sedert 2017.

LandWater sê die gevaarlikste deel daarvan sal die suidelike punt van die vasteland teen Maandag tref. LandWater het die stelsel informeel “Jörmungandr” gedoop, wat "groot monster" beteken.

“Ons verwag 'n stelsel wat die Kaapse storm van 7 Junie 2017 mag ewenaar én selfs oortref, veral in terme van windsterkte en die see se deinings,” is gesê. - [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

7 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

13 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

23 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

23 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

23 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

23 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

23 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...