Bhatia fokus op groei

08 May 2019 | Ministeries
Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Christine //Hoebes, het onlangs die nuwe verteenwoordiger vir die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), me. Alka Bhatia, amptelik verwelkom.

Volgens //Hoebes is dit belangrik om die regering se voortgesette samewerking met die UNDP te verseker in ‘n poging om programme meer vaartbelyn te maak en sodoende die verwesenliking van doelwitte uitgestip in nasionale planne te verseker.

Bhatia is ‘n internasionale ontwikkelingsbeampte met 30 jaar se ondervinding in die uitwissing van armoede, handel en volhoubare ontwikkeling. Sy het wye ervaring in die verskaffing van advies oor strategiese beleidsrigtings wat op volhoubare ontwikkeling gemik is. Haar loopbaan dek ook finansiering vir ontwikkeling en Bhatia het veral kundigheid oor inklusiewe groei vir werkskepping vir jeugdiges en vroue en ook die ontwikkeling van die private sektor.

Bhatia het haar loopbaan in 1986 in die Indiese staatsdiens begin en het in verskeie leierskapsposisies in die Indiese regering gedien. Sy het haar land ook verteenwoordig by die Doha-ontwikkelingsforum in Geneva, Switserland en as beampte vir ekonomiese aangeleenthede by die Wêreld- Handelsorganisasie (WTO) opgetree.

Bhatia het hierná by die UNDP aangesluit en vir ses jaar as ekonomiese raadgewer en hoof van die eenheid vir strategiese beleidsontwikkeling in Lesotho gedien. Terwyl sy in Malawi gebaseer was, het Bhatia ook as ekonomiese raadgewer vir beide die UNDP se Namibiese en Malawiese kantore gedien.

Sy sal tydens haar dienstydperk in Namibië deel van twee sleutelprogramme wees naamlik volhoubare, inklusiewe groen groei sowel as volhoubare omgewingsbestuur.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

10 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

10 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

10 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

10 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

10 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

10 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

10 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

10 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...