Bezuidenhoud aanvaar glo omkoopgeld

15 May 2018 | Howe
Henriette Lamprecht - ’n Senior rekenmeester van die ministerie van finansies het gister sy eerste verskyning op ’n aanklag van bedrog gemaak.

Llewellyn Bezuidenhoud het na bewering sy posisie gebruik om die uitbetaling van mediese eise van die staat se mediese fonds (Psemas) te bespoedig. Die eise beloop sowat N$1,35 miljoen, met die bedrag wat sedert 2016 uitstaande is.

Bezuidenhoud is deur die Teenkorrupsiekommisie (ACC) vasgetrek. Volgens die hoofondersoeker van die ACC, mnr. Neels Becker, het ’n diensverskaffer in die mediesesorgbedryf Bezuidenhoud oor die uitstaande eise gaan besoek. Bezuidenhoud het tydens hul gesprek gesê hy sal die uitbetaling bespoedig, maar daar moet ’n “aansporing” wees. Hy het egter nie gesê wat die bedrag moet wees en hoe dit in ontvangs geneem sou word nie. Die verskaffer het die gesprek opgeneem en die inligting aan die ACC oorhandig.

Volgens Becker het die kommissie lankal vermoed daar is omkopery en onwettige bedrywighede in die bespoediging in die uitbetaling van Psemas-eise. ’n Besluit is gevolglik geneem om met die verskaffer saam te werk en ’n lokval te stel.

Volgens Becker is ’n aanvanklike betaling van N$40 000 aan Bezuidenhoud gedoen en met die veronderstelling hy slaag daarin om die betrokke uitbetalings te bespoedig. Vrydag is ’n tweede betaling van N$10 000 aan Bezuidenhoud gemaak waarvan ’n video-opname gemaak is en die ACC het toegeslaan.

Becker het ’n beroep op lede van die publiek en veral diensverskaffers in die gesondheidsbedryf gedoen by wie omkoopgeld ook geëis is, om na vore te kom. Die persone sal nie aangekla word nie, maar as getuies gebruik word wat die ACC in sy ondersoek help.

Soortgelyk

 

Windhoek se baas in die pad gesteek

1 uur gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Windhoek se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, is geskors.Republikein verneem dié skorsing sal vir minstens drie maande geld.Die wending kom te midde...

Swaar reën, oosweer kom dalk môre

2 ure gelede | Omgewing

Swaar reën word vir môre op plekke oor die sentrale noorde, die Kunene-, Erongo-, westelike Otjozondjupa- en Khomasstreek voorspel, terwyl oosweer na verwagting vanaf môre...

'Barbaarse' olifantjag skaad Namibië se beeld

15 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Namibië is opnuut internasio­naal in die sop nadat 'n video oor 'n wrede olifantjag die ­afgelope week aan die lig gekom het.'n Storm...

Elite hervestig, sê ontevrede aansoekers

15 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman - Redes vir die ministerie van grondhervorming se besluit om die plase Felseneck (nr. 26) en Okanatjikuma (nr. 26) aan die beslote korporasie...

Utoni hou voet by stuk oor Rus

15 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer Die minister van grondhervor­ming, mnr. Utoni Nujoma, het Vrydagmiddag aan joernaliste herhaal wat hy die vorige middag aan parlementariërs gesê het, naamlik dat...

Huurbeheer binne drie weke ingestel

15 ure gelede | Plaaslik

Augetto Graig - Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sê hy het daarin geslaag om die regering tot die instel van huurbeheerrade te dwing.In huurordonnansie nommer 13...

Skole, koshuise is ‘kraamsale’

15 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die enigste oplossing vir die terugbrenging van morele waardes en om tienerswangerskappe hok te slaan, is die herinstel van Bybelstudie by skole...

Streeksowerhede nou verantwoordelik vir waterverskaffing, sanitasie

15 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van landbou, water en bosbou se waterverskaffing- en sanitasiekoördinasie-funksie sal voorts op streeksvlak hanteer word. Die funksies onder meer die identifisering van plekke...

Simataa bekommerd oor kubermisdaad

15 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, sê die prys van tegnologie is aanlyn misdaad.Hy het verlede week in die...