Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek
Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

Misdaad
Kristien Kruger
Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.
’n Twee maande oue seuntjie is glo vanuit sy huis in Goreangab gesteel. Die verdagte en die baba was egter na bewering spoedig in Havana opgespoor.
Volgens ’n polisieverslag het die ontvoering Maandag omstreeks 09:00 plaasgevind.
Die ma het glo haar baba by haar ander twee kinders (twee en vyf) gelos toe sy gaan water haal het.
’n 24-jarige vrou het glo verby die huis geloop en die baba hoor huil. Sy het na bewering ingegaan en vir die kinders gesê dat sy die baba na sy ma toe sou neem.
Die verdagte is glo kort daarna sowat 3 km van die huis deur Havana-inwoners aangekeer. Die baba was na bewering met ’n kombers op haar rug vasgemaak.
“Die verdagte se motief is nie bekend nie. Sy is in aanhouding by Wanaheda polisiekantoor,” lui die verslag.
Die verdagte, Maria Mweshipange, sou Woensdag in die hof verskyn het.
“Die Namibiese polisie is bekommerd oor die toename in geweld, nie net in Havana nie, maar dwarsoor die land. Die aaklige en grusame aard van die misdaad is kommerwekkend.
“Die polisie sal beslis paraatheid probeer opskerp, maar hulle kan uiteraard nie altyd orals wees nie. Veiligheid is almal se saak en die polisie waarsku die publiek om waaksaam te wees,” het die polisiewoordvoerder adj.komm. Kauna Shikwambi aan Republikein gesê.

GRUVOORVALLE IN HAVANA
Op Maandag 14 September het mans by ’n huis in Havana ingebreek en ’n 12-jarige meisie voor haar ma en agtjarige suster verkrag.
Die verdagtes het glo van die toneel gevlug en volgens Shikwambi is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Minder as ’n week daarna, op 19 September, is ’n man doodgeskiet ná hy sy suster hoor skree het en gehardloop het om haar te help. Die verdagtes het in sy 22-jarige suster se huis ingebreek en gepoog om haar te verkrag.
Die polisie het Maandag aangekondig dat ’n beloning van N$80 000 uitgeloof word vir enige iemand met inligting wat tot inhegtenisnemings rakende dié twee aanvalle in Havana lei.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!