Beweerde aanvaller van bejaarde bly agter tralies
Beweerde aanvaller van bejaarde bly agter tralies

Beweerde aanvaller van bejaarde bly agter tralies

Howe
Adolf Kaure
Adolf Kaure – Timoteus Haimbodi het sy eerste verskyning in die landdroshof op Swakopmund gemaak op aanklag van diefstal met verswarende omstandighede, nadat hy na bewering 'n 82-jarige inwoner van die dorp aangeval het.

Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Erongostreek, insp. Ileni Shapumba, het Haimbodi na bewering die vrou van eiendom ter waarde van N$33 500 beroof.

“Hy het glo die slagoffer, me. Herma Emmeriah, se erf ingegaan waar sy besig was om haar gras nat te lei. Hy het haar na bewering gegryp en haar in die huis gesleep waar hy Emmeriah met 'n kledingstuk gewurg het,” het hy gesê.

Die eiendom wat glo gesteel is, sluit vyf goue ringe, 'n goue hangertjie en 'n selfoon in.

“Die slagoffer is in 'n stabiele toestand gevind,” het Shapumba gesê.

Haimbodi is Woensdag in hegtenis geneem en sommige van die gesteelde goedere is teruggevind. Tydens sy eerste verskyning voor landdros Nelao Brown het hy onskuldig gepleit. Staatsaanklaer Johannes Shangadi het borgtog teengestaan omdat Haimbodi 'n herhaaldelike oortreder is wat van 'n ernstige misdaad aangekla word.

'Dit is nie in openbare belang of die uitvoering van geregtigheid dat hy borgtog kry nie, veral in die lig van die oorweldigende groot teiken op bejaardes en selfs moord op bejaardes in die dorp,” het Shangadi gesê.

Die saak is tot 14 Julie vir verdere ondersoek ingestel en Haimbodi bly agter tralies.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!