Beweegruimte in diu00e9 saak het Trump nie juis
Beweegruimte in diu00e9 saak het Trump nie juis

Beweegruimte in dié saak het Trump nie juis

Leopold Scholtz



As daar één saak is wat pres. Donald Trump se visie van die ­internasionale politiek illustreer, is dit sy hantering van die dood van 'n uitgeweke Saoedi-Arabiese joernalis, Jamal Khashoggi.

Khashoggi het in Amerika gewoon, waar hy vir The Washington Post gewerk en krities oor sy geboorteland se regering geskryf het. Om onbekende redes het hy onlangs die Saoediese ­konsulaat in Istanboel, Turkye, binne­gegaan.

Volgens bewyse wat die Turkse owerheid glo gekry het, is hy daar gemartel, vermoor, in stukke gekap en stuk-stuk na buite gesmokkel.

Die Turke is ontstoke, die meeste Europese lande eis 'n verduideliking van die Saoediese regering, en Trump sit op die draad. Dis nie asof Trump voor maklike keuses staan nie. Saoedi-Arabië speel 'n sleutelrol in sy Midde-Oosterse beleid.

Dié beleid staan hoofsaaklik op twee pilare: die isolasie van die Iranse regering, en die versterking van die Israeliese posisie teenoor diegene wat hom bedreig.

'n Derde, tot nog toe ondergeskikte pilaar, is die bestryding van die terreurbeweging die Islamitiese Staat in Sirië.

Vir die sakeman Trump is nóg iets op die spel – sy winsgewende sakebelange in Saoedi-Arabië. Hy het onlangs ontken dat hy enige sake met dié land doen, maar in sy presidentsveldtog het hy daaroor gespog.



BEWEEGRUIMTE

Die punt is: Trump se beweegruimte in dié saak is taamlik klein. Hy het beloof om vas te stel wat met Khashoggi gebeur het, en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het na Riaad gereis om met koning Salman en kroonprins Mohammed bin Salman te praat.

Die Saoedi's het kategories ontken dat hulle enigiets met ­Khashoggi se verdwyning te make het. Trump het dit duidelik op sigwaarde aanvaar en 'n nuwe teorie geopper, naamlik dat onafhank­like moordenaars (rogue killers) verantwoordelik kan wees.

'n Verdere element is die rol van Turkye. Dié land is 'n ­regstreekse mededinger van Saoedi-Arabië (en Iran) in die Midde-Ooste, en was die laaste tyd herhaaldelik in rusies met Amerika betrokke.

Turkye het die beweerde inligting tot sy beskikking drupsgewys aan die media laat uitlek.

Alles dui daarop dat die saak waar­skynlik ná 'n tyd 'n natuurlike dood sal sterf.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!