Bewaringskool gooi sy deure oop

'Bewaring deur onderrig'

18 July 2019 | Omgewing
Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak.

Vyf jaar gelede het me. Tammy Hoth, direkteur van die AfriCat-stigting, en hoofman Fanuel Ndjiwa onder ’n boom gesit en sy visie vir sy gemeenskap bespreek: ’n Skool met sterk mure, ’n bibilioteek, ’n rekenaarklas, ’n gemeenskapsaal en veral ’n wildbewaringskool om leeus en boere in vrede te help saamleef.

Die AfriCat-stigting het dié droom ná jare se geldinsameling ’n werklikheid laat word toe die skool op 11 Julie amptelik aan die Onguta-gemeenskap oorhandig is.

Ndjiwa, ’n wyse, ou Otjiherero-man van die Ehirovipuka-bewaringsgebied, het vir meer 25 jaar lank in die Etosha Nasionale Park gewerk om die natuur te bewaar.

“Sy liefde vir alle vorms van wildlewe wys op sy gesig wanneer hy oor wildlewe praat. Hy is vasbeslote om wild vir die Onguta-geslagte te bewaar, en die enigste manier waarop hy dit kan bereik, is om ’n skool te bou,” lui ’n verklaring van AfriCat.

Die Ondau Mobiele Skool-program, wat op Opuwo gebaseer is, het aan die einde van 2017 ’n tentskool in die Onguta-nedersetting gevestig, en die hoofman het versoek om dit in belang van sy gemeenskap permanent te vestig.

AfriCat het boere se veebestuur sedertdien met sy kommunale karnivoorbewaringsprogram ondersteun, veral deur vee teen konflikspesies soos leeus en ander roofdiere te beskerm.

Krale wat vee teen leeus beskerm is in die gebiede gebou en leeuwagters van die Onguta-gemeenskap bestee dae en nagte om patrollies te doen en leeubewegings dop te hou om veeverliese te voorkom.

“Hierdeur het die gemeenskap hul houding jeens leeus verander – die eerste stap om mense en wilde diere in vrede te laat saamleef,” sê die verklaring.

Die amptelike opening van die laerskool, sowat 100 km noord van Kamanjab, is deur verskeie hoëlui bygewoon, wat mnr. Katuutire Kaura, ’n raadslid van die Sesfontein-kiesafdeling, mnr. Julius Kaujova, ’n skoolinspekteur en die hoof van die Ondua- mobiele skole, mnr. Amon Kapi, wat die verrigtinge waargeneem het.

“Mnr. Joop en me. Lia Spitters, van die borge, het al die pad van Nederland af gekom, asook mnr. Heinz en me. Ulla Buettner, die eienaars van Cowboys op Swakopmund, wat hul kundigheid in die bou van die skool uit vraghouers gedeel het.”

Die sowat 60 leerlinge van graad een tot drie en onderwysers het hul dankbaarheid in die vorm van gedigte en sang betoon.

Plakkate het gewys hoe trots hulle op hul skool is met idees van hoe leeus bewaar moet word.

AfriCat het hul vennote AfriCat UK, verskeie Namibiese maatskappye, Avril Payment Solution, Aukamp Schule in Duitsland, Stichting SPOTS in Nederland en alle vriende van Onguta vir hul ondersteuning in die naam van bewaring deur onderrig bedank.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

9 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

9 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

9 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

9 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

9 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

9 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...