Bewaringshulp- en herstelfonds gestig
Die fonds het ten doel om die langtermyn-impak van die Covid-19-pandemie op gemeenskapsbewaring in Namibië te takel.
Francoise Steynberg - Die Covid-19-pandemie het 'n verwoestende impak op die Namibiese toerismesektor wat die ekonomiese dryfkrag van kommunale bewaringsgebiede en natuurbewaring is.
Derhalwe het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gisteroggend die Bewaringshulp- en herstelfonds ten bate van gemeenskappe in kommunale bewaringsgebiede en gemeenskapswoude van stapel gestuur.
Die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) wat die fonds sal administreer, het N$6 miljoen geskenk, tesame met bydraes van die sambreelorganisasie vir gemeenskapsgebaseerde kommunale bewaringsgebiede, Nacso, en die Wêreld-Natuurfonds (WWF) met N$7,5 miljoen; die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) met N$1,5 miljoen en Nedbank Namibia met N$1 miljoen deur sy Go Green Fund.
Dit bring die aanvanklike totaal op N$16 miljoen te staan.
Die Bewaringshulp- en herstelfonds het ten doel om die langtermyn-impak van die Covid-19-pandemie op gemeenskapsbewaring in Namibië te takel.
“Namibië se toerismebedryf is die hardste deur die pandemie getref met geen toeriste wat na raming vir die volgende drie tot vier maande die land gaan besoek nie. Dié situasie sal moontlik die hele 2020 voortduur,” het Shifeta gemaan.
“Die vooruitskattings vir verlore inkomste en reuse-werksverliese in die sektor is veral pynlik in landelike gebiede waar die meerderheid van die bevolking 'n bestaan uit wildlewetoerisme maak wat boonop deur die afgelope ses jaar se droogte lamgelê is.”
Die minister sê die inkomste van die toerismebedryf is sowat N$60 miljoen per jaar met 'n bykomende N$65 miljoen wat vir salarisse vir personeel in bewaringsgebiede aangewend word.
“Die werksgeleenthede van 700 wild- en renosterwagters en 300 ondersteuningspersoneellede in bewaringsgebiede, asook 1 175 plaaslik gehuurde personeellede in die toerisme- en gasvryheidsbedryf is in gedrang. Dertig jaar se pogings om Namibië se kommunale bewaringsprogram (CBNRM) te bou, word ook bedreig,” het Shifeta gesê.
Hy sê vir die afgelope 30 jaar het die CBNRM saam met die regering gewerk om wildbewaring tot 'n lewensvatbare grondgebruik vir landelike gemeenskappe te transformeer.
“Vandag beslaan 86 bewaringsgebiede sowat 166,18 vierkante kilometer (20% van Namibië) met sowat 222 000 gemeenskapslede (9% van die bevolking) en wydverspreide herstel van wildbevolkings.”
Volgens die uitvoerende hoof van die EIF, mnr. Benedict Libanda, is 60% van Namibiërs afhanklik van natuurlike hulpbronne vir hul lewensbestaan wat in 2018 N$65 miljoen tot N$80 miljoen in salarisse en lone verteenwoordig het.
“Al hierdie ekonomiese voordele word deur Covid-19 uitgeroei en bedreig huishoudelike voedselsekuriteit wat sal lei tot die onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne en wildstropery,” het Libanda gesê.
Volgens Shifeta is sy ministerie ook in gesprek met ander strategiese vennote om die negatiewe impak van Covid-19 op die toerismebedryf te verlig.
'n Taakspan is gevestig om riglyne vir die finansiering van strategiese gebiede te voorsien.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie