Bevordering van organiese landbou

NOA en NNF lei die projek in Namibië

04 February 2021 | Landbou
Elvira Hattingh



Tans word daar op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings­gemeenskap (SADC)-vlak hande gevat om organiese boerdery in die streek 'n hupstoot te gee, met die Namibië Organiese Vereniging (NOA) asook die Namibië Natuurstigting (NNF) wat plaaslik leiding hiermee sal neem.

Organiese voedselproduksie word ­toenemend deur ­internasionale ­organisasies soos die Verenigde Nasies (VN) as 'n ­strategiese manier beskou om uitdagings soos landelike armoede en wanvoeding, ­verliese aan biodiversiteit en ­klimaatsverandering die hoof te bied.

“Organiese landbou is egter kennis-intensief en om dit toe te pas, vereis 'n in-diepte begrip van die vrugbaarheid van grond, mikro-organismes, plante en vee,” sê me. Mareike Voigts, 'n plaaslike organiese boer.

Voigts is die ­Namibiese projekbestuurder van die inisiatief – 'n program gelei deur die Knowledge Hub for Organic Agriculture in Southern Africa (KH SA).

Die program sal Namibiese boere help met die in­sameling en deel van inligting oor ­organiese boerdery.

Sy sê die gebruik van organiese praktyke in Namibië se landbousektor sal help om die land beter bestand teen klimaatsverandering te maak, terwyl dit landbougrond kan verbeter, help dat minder water gebruik word en dat kosse van hoë voedingswaarde geproduseer word.

KH SA word deur die Duitse federale ­ministerie van ekonomiese samewerking en ­ontwikkeling (BMZ) gefinansier en deur die Deutsche ­Gesellschaft für Internationale ­Zusammenarbeit (GIZ) tot uitvoering gebring. Dit is een van vyf ander ­middelpunte vir organiese landbou in Noord-, Wes-, Oos- en sentrale dele van Afrika wat onder die Knowledge Centre for Organic Agriculture in ­Africa-program val. KH SA is werksaam in Zambië, Namibië en Suid-Afrika en hoop om nog vanjaar ook na Malawi uit te brei.

Die NOA asook die NNF sal die projek in Namibië lei. Die plan is om die aantal plaaslike ­organiese produsente asook die volume organiese kos wat in die land gekweek word, te verhoog. Die projek sal gerugsteun word deur die ontwikkeling van 'n aanlyn platform wat ­inligting en kennis oor ­organiese boerdery in Afrika versprei.

“Organiese landbou, in die Namibiese konteks, verwys na 'n ­inklusiewe benadering van beide ­gesertifiseerde en nie­gesertifiseerde ­organiese landbouproduksiestel­­sels. Dit sluit in be­wa­rings­boerdery, as­ook regeneratiewe, bio­di­na­­miese, biologiese en ekologiese boerderye; ­permakultuur-, landbou-en bosbou-stelsels asook klimaatslim produksie­stelsels,” het NOA se voorsitter, mnr. Eckhart Foertsch, gesê.

Hierdie samewerkingsvennootskap is belangrik vir langtermyn volhoubare sosioëkonomiese ontwikkeling in Namibië, wat tot 'n groot mate afhang van die gebruik van ­volhoubare organiese landboupraktyke – veral in die lig van klimaats­verandering.

Die NOA en NNF sê hulle is in staat om 'n ­beduidende bydrae tot sodanige ontwikkeling te lewer deur vennoot­skappe in onderwys, opleiding, navorsing en voorligtingsaktiwiteite.

Die volgende stap is om belangegroepe by die projek betrokke te kry om seker te maak hul voorstelle word tydens die toepassing van die projek in ag geneem. Voigts moedig belangstellendes aan om haar in verband hiermee by 081 722 5378 of [email protected] te kontak.

[email protected]

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

2 ure gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

3 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

4 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

5 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

14 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

14 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

14 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...