BEVESTIG: Bokke speel nie vanjaar toetsrugby

16 October 2020 | Sport
Suid-Afrika, die wêreldkampioen, gaan nie aan vanjaar se Rugbykampioenskap deelneem nie.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Vrydag in ’n verklaring gesê die Bokke word weens kommer oor “speler-welstand” uit die reeks onttrek omdat die verdedigende kampioen minder tyd gehad het om voor te berei as Nieu-Seeland en die gasheer, Australië.
Die jaarlikse toernooi, wat Argentinië insluit, is reeds uitgestel weens die Covid-19-pandemie en word vir die eerste keer in een land aangebied.
“Dit is baie teleurstellend vir ons ondersteuners en kommersiële vennote,” sê Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, in ’n gesamentlike verklaring met Sanzaar.
“Maar die blywende invloed van die pandemie beteken ons is nie in staat om ’n Springbokspan op die veld te stuur sonder om die spelers se welstand in die gedrang te bring nie – en dit is benewens ander logistieke uitdagings.”
Dit sal die eerste keer wees sedert 1994 wat die Bokke nie in dieselfde jaar teen albei die All Blacks en Wallabies sal kragte meet nie.
Die Rugbykampioenskap sal nou uit ses toetse bestaan en begin met die derde Bledisloebeker-wedstryd tussen die Aussies en die Kiwi’s op 31 Oktober in Sydney.
Andy Marinos, Sanzaar se grootbaas, sê dit is “uiteraard verskriklik teleurstellend” dat die Bokke nie aan die Rugbykampioenskap kan deelneem nie.
– Reuters, Netwerk24

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...