Beurtkrag: Selfs Cyril is vies
Beurtkrag: Selfs Cyril is vies

Beurtkrag: Selfs Cyril is vies

Sowat 4 000 MW krag moes bespaar word om die stabiliteit van die kragnetwerk te verseker.
Elvira Wood, Petrus Malherbe en Llewellyn Prince – Die beurtkrag wat die hele Suid-Afrika Sondag onkant betrap het, is Maandag skielik van fase 2 tot fase 4 verskerp en dié noodbesparingsmaatreël kan nog tot April voortduur.

Dit is die eerste keer sedert 2015 dat fase 4-beurtkrag ingestel is. Dit beteken dat 4 000 MW krag bespaar moes word om die stabiliteit van die kragnetwerk te verseker.

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het Maandagmiddag aan die radiostasie Jacaranda FM gesê daar is ’n sterk moontlikheid van beurtkrag in die volgende twee maande, maar dit beteken nie dat daar elke dag beurtkrag gaan wees nie.

Phasiwe sê op Twitter “tegniese probleme” by van sy kragstasies het tot beurtkrag gelei.

Eskom het Maandag in ’n verklaring aangekondig hy het sedert die oggend “nog ses” kragopwekkingseenhede “verloor” en daarna is die beurtkrag tot fase 4 verskerp.

Boonop was daar ’n onderbreking in die Apollo-kraglyn tussen Mosambiek en Suid-Afrika. Selfs pres. Cyril Ramaphosa is blykbaar onkant betrap deur die nuwe beurtkrag. Hy het volgens EWN in ’n regstreekse Twitter-onderhoud gesê: “Dit was nogal ’n skok.

“Daar is berig dat ses eenhede buite werking is – dit is baie kommerwekkend, baie ontstellend,” sê Ramaphosa.

Dié reeks beurtkrag sal die land se ekonomie sowat R5 miljard per dag kos, sê die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) volgens Bloomberg.

Fin24 berig Ramaphosa sê hy is “taamlik kwaad” dat die na­sionale kragopwekker so ’n stadium van wanfunksionaliteit bereik het.

Die kragkenner, skrywer en uitgewer Chris Yelland het ’n moontlike rede vir die krisis verstrek. Clyde Bergemann Africa (CBZ), ’n vername diensverskaffer aan Eskom, is na verneem word Maandag in sakeredding geplaas, het hy getwiet.

EE Publishers het op 7?Februarie berig dat CBZ nie die Januarie-salarisse van sowat 400 van sy werkers kon betaal nie.

Werkers het begin staak by die Medupi- en die Kusile-kragstasie, waar CDZ ’n hoofkontrakteur is vir die ontwerp, verskaffing en installering van asverwerkingstelsels. Hy is ook ’n diensverskaffer by talle ander Eskom-kragstasies. Eskom se webwerwe en selfs die app EskomSePush het Maandag gevou onder druk verkeer van mense wat hul beurtkragskedules wou bekom.

Die Tshwane-metro se beurtkragwebwerf en Johannesburg se CityPower-webwerf het Maandag ná die aankondiging gevries. Inwoners van Ekurhuleni kon ook nie sy beurtkragwebwerf bereik nie. Toe Eskom se webwerf later weer begin werk, het dit aangedui daar is geen beurtkrag nie.

Natasha Mazzone, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings, het Maandag gesê haar party sal ’n dringende parlementêre debat oor die krisis aanvra.

Volgens Mazzone is die werklikheid dat die ANC se “plundering en diefstal van staatsgeld ons in die donker gelaat het”.

‘Beurtkrag kom teen ’n prys vir boere’

“Beurtkrag is baie duur, nie net vir Eskom nie, want ons kan nie soveel elektrisiteit verkoop soos wat ons wou nie, maar ook vir die land,” sê Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder.

Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se sentrum vir uitnemendheid in ekonomie en handel, sê beurtkrag sal ’n invloed hê op bedrywe wat van besproeiing afhanklik is en wat energie-intensief is, soos tuinbou, suiwel, pluimvee, graan en agri-verwerking.

“Dit raak sowel produsente as verbruikers omdat dié subsektore ’n belangrike rol in voedselsekerheid speel.”

Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB, sê beurtkrag kom teen ’n prys vir boere, aangesien hulle kragopwekkers moet gebruik om aan die gang te bly.

“Boere mag dalk druk ervaar as die koste toeneem om hul bedrywe aan die gang te hou,” sê Makube.

“As dit lank aanhou, sal dit uiteindelik duurder voedselproduksie tot gevolg hê. Dit sal weer na die verbruiker deursyfer en uiteindelik voedselinflasie opjaag.”

– Lameez Omarjee, Fin24 en Elvira Wood/ Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!