Beurtkrag dreig vir wanbetalers
Beurtkrag dreig vir wanbetalers

Beurtkrag dreig vir wanbetalers

Elf plattelandse dorpe, vier ministeries en een streekraad is in NamPower se visier.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die nasionale kragverskaffer is nou opgesukkel met dorpsrade, munisipaliteite, staatsondernemings en selfs ministeries wat nie hul kragrekeninge eerbiedig en betyds betaal nie.

NamPower het dié week aangekondig dat die situasie die volhoubaarheid van sy besigheid bedreig weens die groeiende debiteurerekening. NamPower se kliënte skuld reeds meer as N$1 miljard.

Vanaf 12 April sal NamPower dus ’n skuldinvorderingsplan toepas vir grootmaat kragkliënte wat op 31 Maart steeds vir hul kragverbruik skuld. Toevoer van elektrisiteit aan hierdie instansies sal vir periodes van vier ure afgesny word, met fase 1 op Maandae vanaf 11:00 tot 15:00. Fase 2 tot 7 voeg elk nog een dag se vier ure sonder krag periode by, totdat elke dag van die week ’n tydperk sonder elektrisiteit behels. Fase 8 verleng die periodes van vier tot ses ure per dag, en fase 9 is tot agt ure per dag.

NamPower noem elf dorpe wat ingevolge hierdie plan geteiken sal word indien hulle nie betaal nie, insluitend Maltahöhe, Bethanie, Gibeon, Koës, Tses, Leonardville, Kalkrand, Berseba, Stampriet, Witvlei en Aroab.

Aroab se uitvoerende hoof, me. Elsa Laubscher, sê hulle is nog glad nie amptelik van hierdie verwikkeling ingelig nie.

“Dit is nuus vir ons. Ons is geen kennisgewing hieroor gegee nie en ek het niks daarvan gehoor nie,” was haar antwoord op Republikein se navrae. Sy dring daarop aan die skuld lê nie voor Aroab se deur nie, maar voor die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling.

“Dit is nie ons verantwoordelikheid nie,” sê sy en brei uit dat ’n ooreenkoms bestaan dat die dorp slegs vir sy maandelikse verbruik betaal, terwyl die ministerie aangebied het om te help deur vir die maksimum verbruik te betaal.

“Hulle het hulself verbind om die dorpsrade te ondersteun. Ons betaal stiptelik. Dit is hulle wat agterstallig is en wat nou ’n negatiewe indruk van ons dorp skets,” sê sy.

Aroab se dorpsraad is onlangs geprys dat dit die enigste is wat ’n ongekwalifiseerde ouditmening van die ouditeur-generaal vir 2019 ontvang het.

Groter munisipaliteite wat op NamPower se teikenlys verskyn, is Rehoboth, Karasburg, Gobabis, Aranos en die gesamentlike onderneming tussen Okahandja en Cenored. Cenored het onderneem om gister teen die einde van die werkdag oor die verwikkelinge te reageer.

Verder is drie staatsondernemings ook in die kragverskaffer se visier: Agribusdev, spesifiek die Oranjerivier-besproeiingsprojek, die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), asook TransNamib. TransNamib se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, sê die nasionale spoordiens sal voor NamPower se sperdatum, einde van die maand, sy rekening opbetaal.

Die enigste streekraad wat geteiken word, is ||Kharas. Die streekgoewerneur, me. Aletta Fredericks, het alle navrae na die raadsvoorsitter, mnr. Joseph Isaacks, verwys, maar hy is tot volgende week nie beskikbaar nie.

’n Anonieme bron by die raad het wel gesê hulle sal dié week ’n betaling doen, “hoewel nie alles ons skuld is nie”, en binne die volgende twee weke weer, om hopelik die beurtkrag af te weer.

Die ministeries wat deur NamPower geteiken is, sluit in landbou, water en grondhervorming; binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit; sport, jeug en nasionale diens asook gesondheid en maatskaplike dienste.

Die gesondheidsministerie se adjunk- uitvoerende direkteur, me. Petronella Masabane, sê: “Uiteraard kan ons nie toelaat dat hospitale sonder krag gelos word nie. Ons kragopwekkers is slegs vir noodgevalle. Ons sal nie toelaat dat hospitale sonder krag is nie. Ons sal die fakture betaal,” het sy onderneem.

Die enigste private instansie op NamPower se teikenlys is Congo Namibia Trading, wat vir die noordedorpie Kombat verantwoordelik is. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39%