Beter kanse op reën dié week
Die Namibiese weerkantoor deel goeie nuus oor die komende week, terwyl dit lyk of die Indiese Oseaan nog nie saamwerk nie.
Elvira Hattingh - Vandag kan reënneerslae in die noordelike, sentrale en oostelike dele van die land voortduur, terwyl reënweer ook na die Suidooste kan uitbrei.
Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister aan Republikein gesê beter vooruitsigte op reën wink vandeesweek.
Hy het gesê bewolkte weer word tot Donderdag in die Noorde verwag, met geïsoleerde en enkele donderbuie wat tot dan in die oostelike en sentrale dele van die land sal voorkom.
Die noordelike kusgedeeltes kan ook enkele reënbuie verwag, terwyl dit baie warm op plekke aan die kus sal wees, het hy gesê.
Dit volg ná dit die afgelope naweek tot 15 mm in die Noordweste op plekke soos Sesfontein, Eunda, Ruacana en Ondangwa gereën het, terwyl Windhoek ook tot 4 mm reën ontvang het.
Rondom Otavi het dit glo tot 38 mm oor die naweek gereën, terwyl dit in die verre Noordooste ook ’n bietjie gereën het.
Khorixas sal na verwagting vandag die warmste dorp in die land wees, met ’n maksimum temperatuur van 38°C.
Kort op dié dorp se hakke volg Walvisbaai, waar die kwik by 37°C sal draai.
Dorpe soos Aroab, Katima Mulilo, Keetmanshoop, Maltahöhe, Mariental en Omaruru se maksimum sal 36°C wees.
Intussen het die Australiese Buro vir Meteorologie in ’n verklaring op 29 Oktober gewaarsku die Indiese Oseaan-dipoolindeks (IOD) is steeds sterk positief.
Santam Suid-Afrika se landbouweerkundige, mnr. Johan van den Berg, het voorheen verduidelik ’n positiewe IOD is nie gunstig vir vroeë reën in Suider-Afrika nie.
Hy het ook gesê die IOD behoort teen Desember weer na neutraal terug te keer, wat gunstig is vir reën later in die seisoen.
Australiese wetenskaplikes verduidelik die IOD staan op +2,06 °C – ver bo sy drumpel van +0,4°C.
“Sterk oostelike passaatwinde wat oor die tropiese Indiese Oseaan waai, keer koeler water in die oostelike dele van die Indiese Oseaan vas, terwyl dit warmer water by die Horing van Afrika hou.
“Weervoorspellings wys die oostelike passaatwinde sal in die komende weke verswak, wat kan beteken die positiewe IOD is naby sy piek.
“Tog wys sekere internasionale klimaatsmodelle die IOD is tans in so ’n sterk positiewe fase, dit kan weke duur om te verswak en kan dus dalk tot die middel van die somer heers.
“Die stadige afname in temperature kan ook toegeskryf word aan die sterk IOD, wat die beweging van die reënseisoen na die suidelike halfrond verlangsaam, ” het die Australiërs verduidelik.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie